Die Inkhata Vryheidsparty het aangekondig dat 10 prominente Afrikaanse organisasies op Vrydag, 27 Maart met die IVP president, prins Mangosuthu Buthelezi, gaan praat by ‘n IVP-forum in Pretoria.
Die forum gaan fokus op verskeie belangrike verkiesingsake, soos minderheidsregte, rasvoorkeur, die emigrasie van ‘n miljoen Suid-Afrikaners, die status van die Afrikaanse taal en meer.
Sommige van die organisasies wat aanbiedings maak is: die FW de Klerk-stigting, ATKV, FAK, Solidariteit, AgriSA, die Erfenisstigting, die Instituut vir Afrikaanse Prokureurs en professor Lawrence Schlemmer.
Die hoofuitvoerendebeampte van Solidariteit, Flip Buys sal die forum lei.
