Drie in hegtenis oor vals ?polisiemotor?

Drie mans is gearresteer na ‘n BMW wat toegerus was met ‘n sirene en blou polisieligte in Roodepoort Sondag op beslag gelê is.

Polisiewoordvoerder direkteur Govindsamy Mariemuthoo het gesê polisie het ‘n berig ontvang van ‘n wit BMW met twee mans in wat mense beroof het.

Sondagmiddag het ‘n polisiereservis ‘n wit BWM voorgekeer gedurende ‘n patrollie in Roodepoort.

Toe die motor stilhou, het die personeel opgemerk die voertuig is toegerus met ‘n polisiesirene en 'n blou lig.

Hulle het ook tik in die kar gevind.

Die twee insittendes het aan polisie gesê die voertuig behoort aan iemand anders.
Toe die eienaar van die kar gekom het om sy ryding op te eis is hy gearresteer. Hy word reeds gesoek vir ‘n verskeidenheid van misdade, het Mariemuthoo gesê.обувь для яхтингаДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae