Voorsitter van die Afrikanerbond, Pierre Theron het gesê Viljoen, wat voorsitter was van die Afrikaner Broederbond van 1974 tot 1980 is Sondagmiddag oorlede.
Hy was 82 jaar oud.
Theron het gesê Viljoen was die stigter visekanselier van Rau, die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit wat nou die universiteit van Johannesburg is.
Hy het gesê die universiteit is gestig deur “die visie en direkte betrokkenheid van lede van die Afrikaner Broederbond”.
“Dr. Gerrit Viljoen het die posisie van voorsitter van die Afrikaner Broederbond gevul met onderskeiding en het baie gedoen om die saak van die Afrikaner en die Afrikaans sprekende gemeenskap deur sy skerp intellek te bevorder.”
