‘n Stormloop by ‘n Wêreldbekerkwalifiserendesokkerwedstryd in die Ivoorkus het Sondag ten minste 22 mense dood gelaat en 132 mense gewond, het die minister van binnelandse sake gesê op staatstelevisie.
Desire Tagro het gesê geesdriftiges het mekaar gestamp en gestoot, wat gelei het tot ‘n stormloop by die wedstryd tussen die Ivoorkus en Malawi.
“Baie geesdriftiges het opgedaag,” het Tagro gesê. “Hulle het begin druk om in te kom aangesien die wedstryd op die punt was om te begin en ieder en elk wou inkom.”
‘n Fotograaf van Associated Press het gesê mense het begin stamp en stoot omtrent 40 minute voor die begin van die wedstryd in die Felix Houphouet-Boigny arena. Polisie het traangas in ‘n deel van die skare ingeskiet.
Ollo Kambire, ‘n verslaggewer vir “Super Sport”, ‘n daaglikse koerant wat fokus op sport, het gesê ‘n deel van ‘n muur het ingegee onder die gewig van die geesdriftiges soos hulle na die veld toe gebeur het. “Ons het mense sien val…Toe was daar paniek en ‘n stormloop,” het hy gesê.
Ivoorkus het die wedstryd 5 – 0 gewen.
Daar was al ‘n hele paar stormlope by Afrika se oorvol stadions.
Swakopgeleide veiligheidspersoneel is dikwels onderbeman om die groot skares te hanteer.
