Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê Saterdag het die mense na bewering ‘n bees geëet wat aan natuurlike oorsake dood is.
Teen Sondagmiddag het hulle hospitaal toe gekom om behandeling te soek vir diarree.
Hy het gesê dat ‘n 5-jarige meisie na bewering dood is na aanleiding van die voedselvergiftiging, maar dit kon nie bevestig word nie, aangesien sy nie by ‘n hospitaal uitgekom het nie.
Vier mense is tot dusver in die hospitaal opgeneem, maar meer opnames word verwag.
