ANK-jeugliga president Julius Malema – bekend vir sy wilde sêgoed – gaan die koeksistermonument in Orania die naweek besoek.
Met die ANK wat skaars steun geniet in die dorp, het een Kimberley-inwoner die ironie vergelyk met Eugene Terreblanche wat probeer stemme werf in Soweto.
Dit kan beskou word as openbare betrekkinge, aangesien dit Malema se eerste besoek aan die Afrikanertuiste.
Malema en sy gevolg gaan gesprekke voer met die Vryheidsfront Plus, waar hy “minderhede gaan betrek as deel van die inisiatief om een nasie en ‘n algemene gevoel van patriotisme te bou”.
Die jeugliga het ook sy beoogde besoek as ‘n “historiese sending” beskou om swart en wit te verenig.
Vryheidsfront provinsiale leier Carel Boshoff IV het gesê Malema sal net so welkom wees as enige ander gas.
Hy het vinnig uitgewys dat volgens hulle kennis, was dit nie ‘n ANK saamtrek as sulks nie, maar eerder ‘n geleentheid om te kan praat oor sake wat die jeug raak.
