Apartheid het die ondernemingsgees in Suid-Afrika vernietig, het minister van finansies, Trevor Manuel, Sondag gesê.
“Ons het nie ondernemingsgees nie as gevolg van apartheid, en die swakkelinge wat kies om entrepreneurs te wees oorleef dit nie altyd nie,” het Manuel gesê.
“Hoe gaan ons dit hanteer?”
Hy het gepraat by ‘n debat oor die vooruitsigte van behoorlike werk binne ‘n groeiende ekonomie in Rivonia, Johannesburg.
Saam met Manuel was daar finansiële spesialiste, insluitend verteenwoordigers van Eskom en Cosatu.
Manuel het gesê dat mikro-ekonomie, in teenstelling met makro-ekonomie ook moet help om Suid-Afrika se ekonomie te versterk.
“…Daar is ‘n sienswyse wat ons nog net nie bereik het nie,” het hy gesê.
Hy het gesê dat die Suid-Afrikaanse ekonomie buite die grense van die land strek, en dat indien geld ophou invloei, die groei sal afplat.
Die uitdaging is om te bevestig dat daar ‘n stabiele mikro-ekonomiese omgewing is.
“Ek dink dat ons ‘n klomp goed moet ondersoek, insluitend ons onderwysstelsel…mens moet ook verstaan, mens kan nie alles op dieselfde tyd hê nie.”

Die Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die skepping van die nuwe Suid-Afrika, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag in Pretoria gesê.
Dit wil voorkom asof die resessie ‘n soettand het. Soos wat werkloosheid toeneem, lyk dit asof Amerikaners, en veral volwassenes meer lekkers, van jelliebeertjies tot sjokolades, veral die goedkoper soort, eet, het lekkergoedvervaardigers, winkeleienaars en industriespesialiste gesê.