ANC se gedienstigheid aan China

Die jongste debakel rondom die Dalai Lama en die weiering van ons Regering om ‘n visum aan die Boedhistiese leier en wêreldikoon te verskaf kom geensins as ‘n verassing nie. Sederdien 1994 is dit duidelik dat China alles kry waarvoor hulle vra en soms ook op aandring. Die Dalai Lama se veroordeling van Chinese oorheersing en ook hulle hantering van die Tibet-kwessie is bepaald ‘n doring in die vlees vir die Chinese. Die Dalai wil bloot ‘n 2010-beplanningsfunksie saam met sy oudmakkers, wat ook die Nobelprys verower het, bywoon. Maar ons leepoogvriende het vinnig hulle ongelukkigheid aan die regering geopenbaar en die Dalai word uit die pad gevee. Eers beweer ene Thabo Masebe dat dit gaan veroorsaak dat die wêreld se aandag nie meer op die sokkerbal gaan wees nie en almal op Tibet gaan fokus. Vanaand op die nuus sing hulle duidelik weer ‘n ander deuntjie deur te sê dat die handelsbetrekkinge met China te kosbaar is om in gevaar gestel te word. More gaan hulle tien teen een ê, dat dit nie heeltemal is wat hulle bedoel nie en weer fokus op die “oog wat die bal gehaal word”.

Die vorige regering het die Chinese wat vanaf die Chinese vasteland na SA gekom het as nie-blank geklassifiseer. Om een of ander rede het hulle nie die blanke status van Japannese, Suid-Koreane, nasionalistiese Chinese en Taiwanese geniet nie. As ek ‘n skoot in die donker mag waag, sou ek sê dit het iets te doen gehad met kommunisme. Dit wees deel van die Rooi Gevaar-beleid van daardie tyd. Waar hulle ‘n handjie vol was in die laat 1900s het hulle vanaf 10 000 tot meer as 100 000 gegroei teen 2000. Sedertdien 2005, het hulle druk op die regering geplaas om SEB-status te verkry en het hulle verlede jaar met hulle aansoek geslaag. Die probleem is egter, en ons regering het dit misgekyk, dat baie van die Chinese bevolking ná 1994 hiernatoe geïmmigreer het en derhalwe nie die status werklik verdien nie. Net soos blankes wat ná 1994 gebore is en nie deel van regstellende aksie behoort te wees nie, maar in dié geval nie eens oorweeg word as dit by verslapping van wetgewing kom nie. Tog sê mense soos Zuma dat hulle nie sal afstand doen van hierdie nuutgebore euwel en brute vorm van rassediskriminasie nie. Dit behoort dus duidelik te wees dat hierdie regering met die vergunning aan die Chinese die wit boorlinge van die land finaal verraai het en oor ‘n kleurafgrond gewerp het.

Die beleid van ons regering om die Chinese bokant blanke boorlinge van die land te verhef, is vir my uiters kommerwekkend. Op die lang duur mag dit die verkeerde indruk in die Westerse wêreld skep wat ons in direkte konflik kan bring met jare lange handelsvennote. Nie net op politieke vlak nie maar ook ekonomies. China is ‘n ekspansionistiese nasie wat wêreldwyd voelers uitsteek om gemeenskappe te vestig. Dit alles bloot oor hulle oor groot bevolking en tekort aan infrastruktuur in China. Dit skep ook ‘n ideale plek vir die storting van minderwaardige handelsprodukte waarmee hulle sit as gevolg van totale oorproduksie. Die onlangse melkskandaal in China waar melk met melamine gedokter was behoort as waarskuwing te dien. Menshare is verlede jaar tydens toetse op sojasouse opgespoor en het die wêreld tot tydelike besinning geruk, maar glo my dis al weer vergete. Tot bykans vier vervaardigers se voertuie word al op ons paaie gesien wat ons plaaslike motornywerheid, wat werk verskaf aan Suid-Afrikaners, net meer knou. Dít alles deel van die stadige Chinese ekonomiese oorname met komplimente van ons regering.

So, Masebe is reg. Ons kan nie ons handelsbande met die Chinese skade doen deur iemand soos die Dalai Lama ‘n visum te gee nie. Maar ons kan Mugabe enige tyd hier toelaat want ook hy is ‘n ou vriend van die Chinese. Verlede jaar is ‘n skip in die Durbanse hawe ontdek, tot op die Plimsolmerk gelaai met wapens. Eindsbestemming? U het reg geraai.

банидепутат лобановский

Onderwysers nou al drie maande nie betaal nie

In Limpopo is tydelike onderwysers nou al vir drie maande nie betaal nie. Hulle salarisaansoeke lê onaangeraak. “Ek was hoogs ontsteld om uit te vind dat ons kantore meer as 'n honderd salarisaansoekvorms vir tydelike leerkragte het wat nie geprosesseer is nie,” sê Limpopo se LUR vir onderwys, Aaron Motsoaledi. “Ek weet nie hoekom die vorms nie geprosesseer is nie en probeer vasstel wie vir die wangedrag verantwoordelik is.”

Motsoaledi het 'n ondersoek gelas nadat hy klagtes ontvang het. Hy sê die departement beskou die wanbetaling van hierdie onderwysers in 'n ernstige lig, siende dat dit beslis 'n uitwerking op hulle werk sal hê.

Hy het die versekering gegee dat die departement “dag en nag” werk om te verseker dat die onderwysers hulle salarisse so gou as moontlik sal onvang.

Motsoaledi sê skoolhoofde kan nie verantwoordelik gehou word vir die wanbetaling nie aangesien hulle nie die verantwoordelikheid het om tydelike onderwysers aan te stel om poste by hulle skole te vul nie.

“Tensy die skoolhoofde die departement omtrent die aanstellings inlig en die relevante dokumente indien, is dit moeilik vir hoofkantoor en distrikskantore om te weet dat die onderwysers nie betaal word nie,” sê hy.

“Onderriggewers vervul 'n essensiële diens wat 'n aansienlike bydrae maak tot die ontwikkeling van ons provinsie en ons land en ons wil hulle graag verseker dat ons alles sal doen om te sien dat hulle betaal word.”

casino onlineпрокурор Фильчаков

Burgemeesteres se dogter kry nie voorkeurbehandeling nie, s? Metropolisie

Die Tshwane Metropolisie het beweringe ontken dat die uitvoerende burgemeesteres, Gwen Ramokgopa, se dogter voorkeurbehandeling ontvang het nadat sy gearresteer is tydens 'n dwelmklopjag by haar skool.

Kommissaris Mpho Mmutle, die strategiese uitvoerende direkteur van die munisipaliteit se gemeenskapsveiligheidsdepartement het oor die naweek gesê dit is onwaar dat Ramokgopa se kind toegelaat is om die Brooklynpolisiestasie vroeg Vrydag te verlaat terwyl ander kinders ure moes wag voordat hulle aangekla is.

Mmutle het gesê dat sy inderwaarheid die laaste een was om die polisiestasie te verlaat.

no deposit mobile slotsАлександр Фильчаков прокурор

Uitblinkerskool kan sluit omdat rassegelykheid nie deel vorm van leerplan

‘n Britse skool wat ‘n 96% slaagsyfer het word gedreig met sluiting na inspekteurs die skool se “gedateerde” rassegelykheidsbeleid gekritiseer het.

Stretfordskool word deur die regeringsinspekteurs beskou as 'n skool wat “nie geslaag het nie”.

Hulle sê die skool se kurrikulum is “onvoldoende” terwyl hulle tog toegee dat akademiese standaarde “uitsonderlik en konstant hoog is”.

Die Manchesterskool is die eerste skool wat onder spesiale maatreels geplaas word, wat beteken dat die skool gesluit kan word indien dit nie ''verbeter'' nie.

Verlede jaar het 96% van Stretford se leerlinge 5 GCSE’s ontvang tussen A* en C graad, ‘n werklik uitsonderlike prestasie.

Maar Ofsted, die regeringsliggaam wat skole monitor, het gesê die kurrikulum en die leierskap is onvoldoende. Die verslag waarsku dat die skool nie in lyn is met statutêre vereistes ten opsigte van rassegelykheid en gemeenskapseenheid nie.

Prestasie was ook gereken as onvoldoende, as gevolg daarvan dat 'meisies en anderskleuriges baie stadige vordering maak’.генератор арендапрокурор Фильчаков

Disney se eerste swart prinses

ImageStaan opsy Sneeuwitjie, Disney se eerste swart prinses is hier.

Met Amerika se eerste swart president in die withuis, reken Disney dat ‘n swart prinses ook ‘n groot treffer gaan wees in Hollywood.

Maar selfs al gaan “Die prinses en die padda” eers later vanjaar vrygestel word, is daar reeds kontroversie oor die saak.

Hoewel prinses Tiana en baie karakters in die fliek swart is, is die prins wit.

Dit het gelei tot klagtes van sommige kritici dat Disney die geleentheid gemis het om ‘n feetjieverhaaleinde te skep vir ‘n swart prins en prinses. Disney se eerste swart prinses heet prinses Tiana en haar prins, prins Naveen. Sommige kykers het Disney verdoem omdat hulle die eerste swart prinses ‘n prins gegee het wat lyk of hy wit is.

Terwyl ander weer Disney se besluit geloof het as ‘n spieelbeeld van die Amerikaanse smeltkroes, voel talle dat dit 'n onduidelike boodskap uitstuur.

Alhoewel die swart prinses se geliefde in die nuwe geanimeerde musikale fliek se naam Prins Naveen van Maldonia is en die stem gedoen word deur ‘n Brasiliaanse akteur, lyk hy meer wit as swart in die foto’s wat Disney vrygestel het uit die film.

Sedert Sneeuwitjie en die sewe dwergies in 1937, was al Disney se prinsesse hoofsaaklik wit.

судебная экспертиза ХарьковАлександр Фильчаков

Zimbabwe moet eers hervorm voor hulp invloei

Zimbabwe se $5 miljard (omtrent R50 miljard) korttermyn ekonomiese herstelplan wat die week bekendgemaak is, lyk asof dit vir seker gaan misluk tensy wet en orde weer herstel word, soos die internasionale skenkers vereis.

President Robert Mugabe, die Zanu-PF leier en Tendai Biti, die minister van finansies van die MDC, het ‘n podium gedeel in Harare terwyl Mugabe die buitelyne van die plan geskets het, wat insluit ‘n einde aan prysbeheer en die verligting van buitelandse beheer en investering spesifiek in landbou en infrastruktuur.

Biti het gepraat daarvan dat Zimbabwe dalk die rand as geldeenheid kan aanvaar, maar het beklemtoon dat wet en orde weer herstel moet word voor ekonomiese herstel moontlik is.

Maar tot die verrassing en teleurstelling van baie mense in die koalisieregering, en ook Suid-Afrika, op wie Morgan Tsvangirai gereken het vir vinnige hulp, vra Westerse skenkers bewyse dat wet en orde herstel is voordat hulle groot geld in die land gaan inpomp.

Owerhede het gesê dat Tito Mboweni, SA se reserwebankgoewerneur en Trevor Manuel, die minister van finansies, ook huiwerig is om geld aan Zimbabwe beskikbaar te maak terwyl Gideon Gono die hoof van die reserwebank daar bly.

Gono se wilde beleidsbesluite word gesien as rede vir die chaotiese ekonomie in die land.

‘n Minister in die nuwe regering wat anoniem wil bly het gesê: “Niks konkreets is sover op ooreen gekom met Suid-Afrika nie. Dit is effens teleurstellend na die rol wat hulle gespeel het om die koalisieregering in plek te kry, ons sou verwag dat hulle vinnig sou optree en te help om hulle skepping te stabiliseer.”

In ‘n dramatiese verandering van sy gewone “Ons sal dit alleen regkry” verklaring, het Mugabe die week ‘n passievolle versoek gerig vir internasionale hulp om in werking te tree om sy land se ekonomie wat al beter dae gesien het te help.

Maar ‘n senior IMF-beampte het aan ‘n vergadering van burgerlike organisasies gesê: “Ons kan nie net intree en help om die begroting te versterk nie. Ons wil gesonde beleidsveranderinge sien gebeur.”

Skandinawiese skenkers, van wie Zimbabwe verwag het om meer simpatiek te wees, hou ook terug op die hulpfondse.

Dit wil voorkom asof Mugabe werklike veranderinge sal moet maak voordat die hulpkrane oopgedraai gaan word.

play free games online now without downloadingАлександр Фильчаков прокурор

Ramaphosa kry spoedboete

ImageDie uitvoerende voorsitter van Shakuda Group, Cyril Ramaphosa, is in die hof met R3000 beboet na hy gevang is toe hy te vinnig gery het in Midrand, het sy persoonlike assistent Maandag gesê.

Ramaphosa was teen omtrent 2 uur Saterdag oggend op pad terug van ‘n vergadering wat toegespreek is deur ANK-president Jacob Zuma toe hy gevang is in Midrand, het Maureen Mphatsoe gesê.

Ramaphosa wat voorheen ‘n ANK-sekretarisgeneraal was en ook die leier van die unie van mynwerkers, is na die polisieselle geneem en later op borgtog van R500 vrygelaat, met die instruksies dat hy Maandag in die hof moet verskyn.

Hy het 162 km per uur gery toe hy gevang is.

Mphatsoe het gesê Ramaphosa was baie beïndruk met die professionele manier waarop die polisie die saak hanteer het. Hy het gesê hulle was regverdig en het korrek opgetree, het sy gesê.

Metropolisiewoordvoerder, superintendent Wayne Minnaar het gesê 25 mense is gearresteer vir spoedoortredings tussen Vrydagaand en vroeg Saterdagoggend.

адсорбционный осушитель сжатого воздухалобановский александр

Man doodgesteek deur inbrekers

‘n Man van 68 is doodgesteek deur twee swart mans in sy huis in Redford in Port Elizabeth, het Oos-Kaapse polisie Maandag gesê.

Inspekteur Dumile Gwavu het gesê Pieter William van der Poel se 65-jarige vrou is wakker gemaak deur die geraas in hul huis in Topazstraat in die vroeë oggendure van Sondag.

Sy het ontdek dat van der Poel besig was om met twee swart mans te worstel in die gang – een het hom vasgehou en die ander het hom herhaaldelik gesteek.

Die vrou het gegaan om ‘n vuurwapen te gaan haal, maar die twee swartes het gevlug.

Sy het haar man gevra waar hulle heen is, en is meegedeel dat hulle deur ‘n venster van die eerste verdieping gespring het.

Die twee swartes het ‘n leer gebruik om die venster te bereik waardeur hulle ingeklim het.

Van de Poel het inmekaar gesak en is dood voor die paramedici op die toneel kon verskyn.

Hy het steekwonde aan sy bors, rug en albei arms opgedoen en het erg gebloei.

‘n Saak van huisbraak en moord gaan ondersoek word, het Gwavu gesê.

печка купитьлобановский харьков

Spioen ter dood veroordeel

Jemen se staatsveiligheidshof het een van sy landsburgers ter dood veroordeel omdat hy glo vir Israel gespioeneer het.

Twee ander mans moet gevangenisstraf uitdien.

Regter Mouhssien Alwan het gesê die hof het die drie gevonnis nadat genoeg bewyse gekry het om aan die hof genoeg duidelikheid te gee.

Die staatsaanklaer het gesê die 3 jong mans is aangekla dat hulle kontak gemaak het met Israel se voormalige eerste minister Ehud Olmert, en aangebied het om vir die Mossadintelligensie agentskap te werk as agente.

mosoblburenieДанильченко Юрий Брониславович Харьков

4 Onderwysers vergiftig

Vier onderwyses het Maandag insekgif geabsorbeer by ‘n laerskool in KwaZulu-Natal, en is na ‘n kliniek gehaas vir mediese behandeling, het paramedici gesê.

Netcare 911-woordvoerder Chris Botha het gesê een onderwyser is in ‘n kritieke toestand terwyl die ander drie se toestand ernstig is.

Die onderwysers het organofosfaat ingekry by die Mkobozi Laerskool in Esikhawini op die KZN noordkus. Die skool is intussen ontruim.

Daar word geglo dat ‘n man Vrydag die skool binnegekom het en insekdoder gesprei het regdeur die perseel.

“Onderwysers het Maandag by die skool aangekom en die gif deur hulle vel geabsorbeer,” het Botha gesê.

Geen kinders is geaffekteer nie omdat hulle ontruim is. Botha het verduidelik dat wanneer ‘n gebou met so gif gesprei word, dit omtrent 4 dae neem voordat enige iemand die gebou kan binnegaan.

Organofosfaatiddels is ‘n diverse groep chemikalieë wat beide in huishoudelike en industriële toepassings.

Voorbeelde van organofosfate sluit in insekdoders, senuweegasse soos sarin en plantdoders.

детский транспорт ценапрокурор Фильчаков