praag.co.za

Uitblinkerskool kan sluit omdat rassegelykheid nie deel vorm van leerplan

‘n Britse skool wat ‘n 96% slaagsyfer het word gedreig met sluiting na inspekteurs die skool se “gedateerde” rassegelykheidsbeleid gekritiseer het.

Stretfordskool word deur die regeringsinspekteurs beskou as 'n skool wat “nie geslaag het nie”.

Hulle sê die skool se kurrikulum is “onvoldoende” terwyl hulle tog toegee dat akademiese standaarde “uitsonderlik en konstant hoog is”.

Die Manchesterskool is die eerste skool wat onder spesiale maatreels geplaas word, wat beteken dat die skool gesluit kan word indien dit nie ''verbeter'' nie.

Verlede jaar het 96% van Stretford se leerlinge 5 GCSE’s ontvang tussen A* en C graad, ‘n werklik uitsonderlike prestasie.

Maar Ofsted, die regeringsliggaam wat skole monitor, het gesê die kurrikulum en die leierskap is onvoldoende. Die verslag waarsku dat die skool nie in lyn is met statutêre vereistes ten opsigte van rassegelykheid en gemeenskapseenheid nie.

Prestasie was ook gereken as onvoldoende, as gevolg daarvan dat 'meisies en anderskleuriges baie stadige vordering maak’.генератор арендапрокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply