Disney se eerste swart prinses

ImageStaan opsy Sneeuwitjie, Disney se eerste swart prinses is hier.

Met Amerika se eerste swart president in die withuis, reken Disney dat ‘n swart prinses ook ‘n groot treffer gaan wees in Hollywood.

Maar selfs al gaan “Die prinses en die padda” eers later vanjaar vrygestel word, is daar reeds kontroversie oor die saak.

Hoewel prinses Tiana en baie karakters in die fliek swart is, is die prins wit.

Dit het gelei tot klagtes van sommige kritici dat Disney die geleentheid gemis het om ‘n feetjieverhaaleinde te skep vir ‘n swart prins en prinses. Disney se eerste swart prinses heet prinses Tiana en haar prins, prins Naveen. Sommige kykers het Disney verdoem omdat hulle die eerste swart prinses ‘n prins gegee het wat lyk of hy wit is.

Terwyl ander weer Disney se besluit geloof het as ‘n spieelbeeld van die Amerikaanse smeltkroes, voel talle dat dit 'n onduidelike boodskap uitstuur.

Alhoewel die swart prinses se geliefde in die nuwe geanimeerde musikale fliek se naam Prins Naveen van Maldonia is en die stem gedoen word deur ‘n Brasiliaanse akteur, lyk hy meer wit as swart in die foto’s wat Disney vrygestel het uit die film.

Sedert Sneeuwitjie en die sewe dwergies in 1937, was al Disney se prinsesse hoofsaaklik wit.

судебная экспертиза ХарьковАлександр Фильчаков