4 Onderwysers vergiftig

Vier onderwyses het Maandag insekgif geabsorbeer by ‘n laerskool in KwaZulu-Natal, en is na ‘n kliniek gehaas vir mediese behandeling, het paramedici gesê.

Netcare 911-woordvoerder Chris Botha het gesê een onderwyser is in ‘n kritieke toestand terwyl die ander drie se toestand ernstig is.

Die onderwysers het organofosfaat ingekry by die Mkobozi Laerskool in Esikhawini op die KZN noordkus. Die skool is intussen ontruim.

Daar word geglo dat ‘n man Vrydag die skool binnegekom het en insekdoder gesprei het regdeur die perseel.

“Onderwysers het Maandag by die skool aangekom en die gif deur hulle vel geabsorbeer,” het Botha gesê.

Geen kinders is geaffekteer nie omdat hulle ontruim is. Botha het verduidelik dat wanneer ‘n gebou met so gif gesprei word, dit omtrent 4 dae neem voordat enige iemand die gebou kan binnegaan.

Organofosfaatiddels is ‘n diverse groep chemikalieë wat beide in huishoudelike en industriële toepassings.

Voorbeelde van organofosfate sluit in insekdoders, senuweegasse soos sarin en plantdoders.

детский транспорт ценапрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae