Inspekteur Dumile Gwavu het gesê Pieter William van der Poel se 65-jarige vrou is wakker gemaak deur die geraas in hul huis in Topazstraat in die vroeë oggendure van Sondag.
Sy het ontdek dat van der Poel besig was om met twee swart mans te worstel in die gang – een het hom vasgehou en die ander het hom herhaaldelik gesteek.
Die vrou het gegaan om ‘n vuurwapen te gaan haal, maar die twee swartes het gevlug.
Sy het haar man gevra waar hulle heen is, en is meegedeel dat hulle deur ‘n venster van die eerste verdieping gespring het.
Die twee swartes het ‘n leer gebruik om die venster te bereik waardeur hulle ingeklim het.
Van de Poel het inmekaar gesak en is dood voor die paramedici op die toneel kon verskyn.
Hy het steekwonde aan sy bors, rug en albei arms opgedoen en het erg gebloei.
‘n Saak van huisbraak en moord gaan ondersoek word, het Gwavu gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.