Ramaphosa kry spoedboete

ImageDie uitvoerende voorsitter van Shakuda Group, Cyril Ramaphosa, is in die hof met R3000 beboet na hy gevang is toe hy te vinnig gery het in Midrand, het sy persoonlike assistent Maandag gesê.

Ramaphosa was teen omtrent 2 uur Saterdag oggend op pad terug van ‘n vergadering wat toegespreek is deur ANK-president Jacob Zuma toe hy gevang is in Midrand, het Maureen Mphatsoe gesê.

Ramaphosa wat voorheen ‘n ANK-sekretarisgeneraal was en ook die leier van die unie van mynwerkers, is na die polisieselle geneem en later op borgtog van R500 vrygelaat, met die instruksies dat hy Maandag in die hof moet verskyn.

Hy het 162 km per uur gery toe hy gevang is.

Mphatsoe het gesê Ramaphosa was baie beïndruk met die professionele manier waarop die polisie die saak hanteer het. Hy het gesê hulle was regverdig en het korrek opgetree, het sy gesê.

Metropolisiewoordvoerder, superintendent Wayne Minnaar het gesê 25 mense is gearresteer vir spoedoortredings tussen Vrydagaand en vroeg Saterdagoggend.

адсорбционный осушитель сжатого воздухалобановский александр