Die Tshwane Metropolisie het beweringe ontken dat die uitvoerende burgemeesteres, Gwen Ramokgopa, se dogter voorkeurbehandeling ontvang het nadat sy gearresteer is tydens 'n dwelmklopjag by haar skool.
Kommissaris Mpho Mmutle, die strategiese uitvoerende direkteur van die munisipaliteit se gemeenskapsveiligheidsdepartement het oor die naweek gesê dit is onwaar dat Ramokgopa se kind toegelaat is om die Brooklynpolisiestasie vroeg Vrydag te verlaat terwyl ander kinders ure moes wag voordat hulle aangekla is.
Mmutle het gesê dat sy inderwaarheid die laaste een was om die polisiestasie te verlaat.
