As 'n VF Plus-ondersteuner in die afgelope verkiesing, is dit teleurstellend om te sien dat die VF Plus nie daarin kan slaag om die deursnee-Afrikaner te oortuig dat identiteits- of minderheidspolitiek die enigste werklike oplossings bied vir ons volk se toekoms nie, veral nie ná die moontlikheid van politieke suurstof wat Zuma se onlangse ontmoeting met Afrikanerorganisasies vir ons geskep het nie. Feit is dat die VF Plus onder Pieter Mulder in sowel die 2004- as 2009-verkiesings geen vordering getoon het nie.
Herbesin oor VF-leierskap?

Verskeie politieke ontleders vra of ondersteuners van klein partye sal volhou om lojaal te bly as hul stemme so vermors word.