Zuma glo deur NGV gejag na hy Mbeki se aanbod weier

President Jacob Zuma sê die vorige president, Thabo Mbeki het hom probeer omkoop en afdreig. Zuma sê hy is geld deur die destydse president Thabo Mbeki aangebied om te bedank. Mbeki het glo gedreig dat Zuma van korrupsie aangekla sal word indien hy nie instem tot die “politieke ooreenkoms” nie. Volgens die terme van die

Lees verder: Zuma glo deur NGV gejag na hy Mbeki se aanbod weier

Gigaba loof buitelanders se bydrae tot SA

Buitelandse burgers moet nie aangeval word nie, omdat die meeste ‘n positiewe bydrae tot die land lewer, het die minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba Donderdag in die Parlement gesê “Om mee te begin wil ons graag uitdruklik verklaar dat die meeste buitelandse burgers ‘n baie positiewe bydrae tot die samelewing maak,” het hy gesê.

Lees verder: Gigaba loof buitelanders se bydrae tot SA

Motors aan die brand gesteek in Johannesburg

‘n Aantal motors in Jeppestown, Johannesburg is verlede nag aan die brand gesteek in die voortslepende geweld teen buitelanders. ‘n Groot polisiesteenwoordigheid is in die gebied ontplooi om geweld te probeer bekamp. Die motors het vermoedelik aan Mosambiekse burgers behoort. Verskeie winkels in die Johannesburgse middestad is ook geplunder en gevandaliseer te midde van die

Lees verder: Motors aan die brand gesteek in Johannesburg

Swart ster wat Woolworths kritiseer se Britse konsert ontwrig

Swart musieksterre, Cassper Nyovest, Brickz en Kelly Khumalo moes vertonings in Brittanje kanselleer na dreigemente om hulle konserte te ontwrig. ‘n Woordvoerder van Elite Promotions, Ezra Sibanda, sê hulle het die konserte gekanselleer omdat die Britse polisie toestemming geweier het. Diegene met kaartjies vir konserte gekoop het, sal glo hulle geld terugkry. Nyovest het Woolworths

Lees verder: Swart ster wat Woolworths kritiseer se Britse konsert ontwrig

SA koop hardeware, kos, drank, tabak

Kleinhandelverkope in Suid-Afrika het almal verras, het RSG berig. Dit het in Februarie met vier persent teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar toegeneem. Die syfer is beter as wat verwag is. Kleinhandelverkope het die afgelope twee maande teleurgestel. Dit het in Desember gedaal en in Januarie effens herstel. Statistieke Suid-Afrika sê die grootste stygings was

Lees verder: SA koop hardeware, kos, drank, tabak

Dalai Lama beskuldig dat hy volgelinge aanhits tot immolasie

Die Chinese regering beskuldig die Dalai Lama daarvan dat hy sy volgelinge in Tibet opsweep om hulself te verbrand. Die regering het gister ’n verklaring uitgereik waarin die 79-jarige leier daarvan beskuldig word dat hy sy volgelinge manipuleer. Volgens die International Campaign for Tibet het 113 mans en 24 vroue hulself al sedert Maart 2011

Lees verder: Dalai Lama beskuldig dat hy volgelinge aanhits tot immolasie

Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente

Winkels in buitelandse besit in Johannesburg se middestad het begin om hul deure te sluit ná gerugte dat ‘n skare dreig om op ‘n plunderveldtog te gaan. Nuus24 berig dat die meeste winkels op Breëstraat reeds gesluit is. Eyewitness News het getwiet dat daar dreigemente van geweld in die sentrum Johannesburg is en sommige winkels

Lees verder: Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente

MK dreig Vavi met dood

‘n Lid van Umkhonto we Sizwe Militêre veterane in Limpopo dreig om die geskorste Cosatu-sekretaris generaal Zwelinzima Vavi te vermoor, het Nuus24 berig. Ondervoorsitter van die veterane-organisasie, Jack Lulamile, het aan vakbondverteenwoordigers gesê hulle moet vir Vavi sê Lulamile Jack, Chris Hani se voormalige lyfwag, gaan hom vermoor omdat hy Cosatu verraai het. Lulamile en

Lees verder: MK dreig Vavi met dood

Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan

Eskom het aangekondig dat hulle Fase 1-beurtkrag en kragvermindering van 06:00 vanoggend tot 22:00 vanaand sal toepas. Dit volg nadat Eskom gister Fase 2-beurtkrag rondom 16:00 gistermiddag tot Fase 3-beurtkrag verhoog het. Fase 3-beurtkrag is Dinsdag omstreeks 16:00 in werking gestel. Die energieverskaffer sê in ‘n verklaring dat die inwerkingstelling van Fase 3-beurtkrag duidelik wys

Lees verder: Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan