Motors aan die brand gesteek in Johannesburg

‘n Aantal motors in Jeppestown, Johannesburg is verlede nag aan die brand gesteek in die voortslepende geweld teen buitelanders.

‘n Groot polisiesteenwoordigheid is in die gebied ontplooi om geweld te probeer bekamp. Die motors het vermoedelik aan Mosambiekse burgers behoort.

Verskeie winkels in die Johannesburgse middestad is ook geplunder en gevandaliseer te midde van die xenofobiese golf wat tans oor die land tans spoel.

Intussen is ‘n Ethiopiese man steeds in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy aan die brand gesteek is in ‘n beweerde xenofobiese aanval aan die Oos-Rand van Gauteng.

Inwoners van Greenfields wat kwaad is vir hulle wyksraadslid, het na bewering die Ethiopiër, Fayis Abeyo aangeval en sy winkel geplunder.

In Ledig in Noordwes het inwoners ook buitelanders geteiken weens ontevredenheid met die munisipaliteit.

16 thoughts on “Motors aan die brand gesteek in Johannesburg”

  1. “Verskeie winkels in die Johannesburgse middestad is ook geplunder en gevandaliseer is te midde van die xenofobiese golf wat tans oor die land tans spoel.”

    Praag admin, ek bring net die volgende foutjie wat ingesluip het, onder u aandag.
    Die “is” na gevandaliseer moet weggelaat word.

          1. Almal wie in die Here Jesus Christus glo as hul Verlosser en Koning ontvang gawes – deur die Heilige Gees gegee en ontvang. Almal word met talente gebore. Jy is reg Kaylee – dit geld verseker vir jouself ook. Weet jy dat jy ‘n gawe van sagmoedigheid en bemoediging het? Dis baie kosbaar!

          2. Dolk, ek het vroeer vanaand met iemand via ‘n Facebook Groep waarop ek admin is gesels – en ek voel regtig baie verlee om dit hier te plaas, JUIS omdat ek al baie gevra het, wat is my doel op aarde. Ek het die persoon eintlik geantwoord oor negatiwiteit en probeer bemoedig. Die gesprek het as volg gegaan :

            FB GROEP (***) :

            “Die bietjie wat ek van jou ken en gesien het hoe jy met ander mense op *** gewerk het, sal jy verbaas wees die impak wat jy op mense se lewe al gehad het.”

            KAYLEE :

            Baie dankie (al is ek onbewus daarvan) – komende van jou is dit ‘n baie groot kompliment vir my.

            FB GROEP (***)

            Ek bedoel dit. Jy het gawes wat jy self nie raaksien nie, maar wat groot verskil maak.

            KAYLEE :

            Ek “sit” verlee hier, nogmaals dankie.

            … Dolk, daarom is my woorde ook aan jou, groot voorreg om dit van jou af te hoor en ek sit nou weereens verlee. Groete en geseende nagrus vir jou en geliefdes.

          3. Sien jy! 🙂

            Sien dit as ‘n nederige bevestiging Kaylee. Ek het nog nie ooit – enige keer in jou skrywes venyn of selfs bedekte kwaadwilligheid bespeur nie. Nog enige mantel-draaiery of inkonsekwentheid in jou karakter. Feite – nie heuning nie.

            Weet dat baie en ek werklik baie agting en respek vir jou as mens het. Mag die Here jou so seën dat jy altyd as ‘n werktuig vir Hom sal lewe.

            Baie dankies en BAIE seën en sterkte hoor! Mooi drome en droom ook – en aan elkeen van ons Volk.

Maak 'n opvolg-bydrae