Die ANC se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekeringskema (NGV) is moontlik een van die eerste ponde vleis wat die linkses by die Zuma-regering gaan eis, en nog ‘n groot stap na die nagmerrie van 'n volledig-sosialistiese staat. Die NGV is na wat berig word die lieflingkind van die vakbonde en die linkses. Dit wil Brittanje se NHS
Lees verder: ‘n Oplossing vir Mzansi se kruipende sosialisme?

Dit wil al meer voorkom asof die ANC-regering besig is om die praktiese voordele van die apartheidsregering se ekonomiese beleid te herontdek. Persoonlik was ek nog nooit 'n voorstaander van die algehele vryemarkbeginsel vir 'n land soos Suid-Afrika nie, maar eerder van die gemengde ekonomie soos dit destyds deur die Nasionale Party-regering beoefen is.