Kattebaklyk: Vier voor wat geld onttrek

Vier mans het in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle geld uit die vermoorde Justan Blom se rekening onttrek het. Die broers Louis en Heinrich Coetzee, sowel as Ian Manyika en Alex de Kooker het Donderdag elk op twee aanklagte van bedrog in die hof verskyn, berig The Star. Drie van die mans sal

Lees verder: Kattebaklyk: Vier voor wat geld onttrek

DA-raadslid vas vir bedrog

Die Burger berig dat ’n DA-raadslid vasgetrek is vir bedrog met maatskaplike toelae. Die DA het gesê hulle sal eers kommentaar lewer nadat hulle ‘n “eie ondersoek” gedoen het. Die ANC het Toko se bedanking geëis, en sê bedrog steel die armes se “brood uit hul monde“. Michael Sandile Toko (61) van Delft is Woensdag

Lees verder: DA-raadslid vas vir bedrog

Nuwe rondte teen e-tol

Die vakbondfederasie, Cosatu, sit sy stryd teen die Gautengse e-tolstelsel voort. ‘n Nuwe aanval teen die e-tolstelsel gaan ook geloods word deur te fokus op ‘n tegniese punt – die manier hoe die wetgewing in die parlement beraadslag is, sê die DA. Die party het Donderdag gesê dit sal ‘n Hooggeregsbevel bring om die grondwetlikheid

Lees verder: Nuwe rondte teen e-tol

VSA wil transvette verbied

Amerika se federale voedsel- en medisynebeheerliggaam, die Food and Drug Administration (FDA), het Donderdag aangekondig dat hy van die kosindustrie gaan verwag om transvette uit te skakel. Volgens die organisasie kan so ‘n stap tot 20,000 hartaanvalle  en 7,000 sterftes jaarliks verhoed. ‘n Spertyd is nog nie vasgestel vir die finale uitfasering nie. Kommentaar oor

Lees verder: VSA wil transvette verbied

‘Vorige Jeugliga-leiers was skelm’

Oneerlike voormalige ANC-jeugligaleiers het die organisasie “drooggemelk”. “Ons weet vir ’n feit dat die oneerlike voormalige lede wat die organisasie drooggemelk het nou ander selfverrykende skemas in die vorm van nuwe politieke partye begin het,” het die sameroeper van ’n mediakonferensie, Mzwandile Masina,  Donderdag aan verslaggewers gesê. Hy het egter nie uitdruklik verwys na die

Lees verder: ‘Vorige Jeugliga-leiers was skelm’

Regter se vrou skuldig aan moord

Thandi Maqubela is skuldig aan die moord van haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela. Die regter se vrou het hom waarskynlik vermoor vir die geld van ‘n polis en sy testament vervals. Regter John Murphy het gedurende ‘n lang uitspraak Donderdag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof dié beslissing gemaak. Haar mede-beskuldigde, Vela Mabena, is onskuldig bevind

Lees verder: Regter se vrou skuldig aan moord

Haatmoordenaars vandag gevonnis

Die twee Kleurling beskuldigdes, Lindon Wagner en Robin Harwood wat ‘n wit tienermeisie lewendig verbrand het, sal vandag hul vonnisse aanhoor. Die vier sal vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gevonnis word weens die moord op die Kirsty Theologo. Die hofuitspraak sal in Palm Ridge, Johannesburg gelewer word. Daar word beweer dat Theologo verlede

Lees verder: Haatmoordenaars vandag gevonnis

Gay regsgeleerde vaar uit teen Russe

The Star het regsdokumente wat opgestel is deur ‘n gay Pretoriase regsgeleerde, Coenraad Kukkuk Prokureurs gesien wat aan die openbare beskermer, Thuli Madonsela se kantoor, die minister van buitelandse sake Maite Nkoana-Mashabane en die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, Mikhail Ivanovich Petrakov gerig is. Die brief veroordeel die “aanval deur rassistiese en anti-homoseksuele boewe in die

Lees verder: Gay regsgeleerde vaar uit teen Russe

Russiese studente verneder vermeende swart pedofiel

‘n Twintigjarige swart student van Johannesburg wat aan die Sjukhof Tegnologiese Universiteit in Belgorod studeer, is deur ‘n groep wit Russiese studente gekarnuffel omdat hy seks met ‘n minderjarige wou gehad het. In ‘n inisiasiestyl video wat aanlyn beskikbaar is (meestal in Russies en gebroke Engels ), word die student, by name David Smith (

Lees verder: Russiese studente verneder vermeende swart pedofiel

Meer beheer oor buitelandse veiligheidsmaatskappye

Die privaat sekerheidsbedryf het met teleurstelling gereageer op die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie se aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp oor die regulering van die privaat sekerheidsbedryf. Die wysigingswetsontwerp het ten doel om maatskappye meer finansieel verantwoordbaar te hou en meer beheer oor buitelandse eienaarskap uit te oefen. Die skuif is in die bedryf as ‘n hinderlaag

Lees verder: Meer beheer oor buitelandse veiligheidsmaatskappye