Meer beheer oor buitelandse veiligheidsmaatskappye

securityDie privaat sekerheidsbedryf het met teleurstelling gereageer op die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie se aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp oor die regulering van die privaat sekerheidsbedryf.

Die wysigingswetsontwerp het ten doel om maatskappye meer finansieel verantwoordbaar te hou en meer beheer oor buitelandse eienaarskap uit te oefen.

Die skuif is in die bedryf as ‘n hinderlaag beskryf. Die regsverteenwoordiger van die maatskappye, Martin Hood beskuldig die regering van paranoia, omdat die maatskappye onnodig as ‘n bedreiging beskou word.

Die voorsitter van die portefeuljekomitee, Annelize van Wyk ,sê egter dit is belangrik om die bestuur van die maatskappye meer demokraties te maak. – RSG