Die privaat sekerheidsbedryf het met teleurstelling gereageer op die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie se aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp oor die regulering van die privaat sekerheidsbedryf.
Die wysigingswetsontwerp het ten doel om maatskappye meer finansieel verantwoordbaar te hou en meer beheer oor buitelandse eienaarskap uit te oefen.
Die skuif is in die bedryf as ‘n hinderlaag beskryf. Die regsverteenwoordiger van die maatskappye, Martin Hood beskuldig die regering van paranoia, omdat die maatskappye onnodig as ‘n bedreiging beskou word.
Die voorsitter van die portefeuljekomitee, Annelize van Wyk ,sê egter dit is belangrik om die bestuur van die maatskappye meer demokraties te maak. – RSG

Die regering is heeltemal geregverdig om hierdie maatskappye as ‘n bedreiging te beskou.
Demokratiese sekuriteit? In suid Afrika? Nou daar is n dubbelsinnigheid as ek al ooit een gehoor het… vernaam sedert politiese korrekte demokrasie eintlik sekuriteit in hierdie land redelik goed tot niet gemaak het. As jy gedink het jy kan Chubb bel om die 3 inbrekers met die AK47’s te kom verdryf op jou privaat land, dink weer… chub sal nou eers toestemming moet kry by n etniese verteenwoordigende paneel van direkteure voor iemand uitgestuur word om jou te kom help.
Stap een : Eers ontwapen jy die witman met n omslommerende vuurwapen lisensierings proses so reg uit die hartjie van die red-tape departement in kuba… stap 2 : Daarna beskik jy “demokraties” nuwe wetgewing vir die sekuriteits maatskappye wat witmense veilig hou sedert 1994 sodat hulle eenvoudig beheer verloor… Stap drie?… wel, die voordeur staan nou oop… gebruik jou verbeelding…