Rand daal verder

Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend verder gedaal en verhandel tans teen R12,8259 teen die VS-dollar en teen R14,2814 teen die euro. Die rand se swakheid word onder andere vergerger deur die daling in die Chinese juan wat gister met 1,9% deur die Volksbank van Chine gedevalueer is. Vanoggend is die geldeenheid met ‘n verdere 1,6%

Lees verder: Rand daal verder

Vier swart spelers ingesluit by Springbokspan

Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer het vier swart spelers ingesluit in die begin vyftiental vir Saterdag se toets teen Argentinië, het RSG berig Meyer is die afgelope paar dae onder druk weens beskuldigings van gebrekkige transformasie in die nasionale span. Meyer het verskeie veranderinge aan die span aangebring wat verlede week teen die Puma’s verloor het.

Lees verder: Vier swart spelers ingesluit by Springbokspan

Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak

Die nasate van die volksmoordslagoffers wat ‘n lesing bygewoon het, verskil van die Duitse Evangeliese Kerk van Wesfale wat meen volksmoord in Namibië moet nie slegs tot twee stamme beperk word nie. Dit is verlede week deur dr. Ulrich Möller tydens ’n openbare lesing in Windhoek aangevoer, het die Republikein berig. Volgens mnr. Johannes Matundu

Lees verder: Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak

Eskom leen nóg R20 miljard op markte

Die elektrisiteitsverskaffer Eskom het gister gesê dat hy nog 20 miljard rand op die plaaslike en internasionale markte gaan leen, asook ‘n poging gaan aanwend om laer pryse op sy steenkoolkontrakte te onderhandel. Volgens Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Eskom, het die maatskappy reeds R49,5 miljard in buitelandse fondse geleen, wat onmiddellike likiditeitsprobleme uit

Lees verder: Eskom leen nóg R20 miljard op markte

Republikeinse debat gee Trump hupstoot

Die Republikeinse party se voorloper in die presidentswedloop, Donald Trump, het Sondag geweier om verskoning te vra vir sy antwoorde aan ‘n aanvallende vroue-joernalis van Fox News. Trump het later gesê hy het niks teen die verslaggeefster nie, maar dat sy tydens die Republikeinse debat onregverdige vrae aan hom gevra het. Dit is duidelik dat

Lees verder: Republikeinse debat gee Trump hupstoot

Suid-Afrikaner dood in Mali-aanval

Die Suid-Afrikaanse regering het die aanval op burgerlikes by ‘n hotel in Mali veroordeel. ‘n Suid-Afrikaner, Roelof Janse van Rensburg, is in die aanval dood nadat die hotel waar hy as gyselaar aangehou is, deur Franse spesmagte bestorm is. Hy het kort voor sy dood nog met sy vrou gepraat. Janse van Rensburg was die

Lees verder: Suid-Afrikaner dood in Mali-aanval

Brandstoftekorte in Gauteng

Vulstasies in Gauteng gaan gebuk onder ‘n groeiende tekort aan brandstof weens probleme by twee depots aan die kus. Ten minste 100 vulstasies van veral BP word geraak daardeur. Die SABC berig volgens die Brandstofkleinhandelaarsvereniging kan die tekorte nog minstens ‘n week duur. Volgens die Vereniging word die tekorte veroorsaak deur ontwrigtings by die SAPREF-raffinadery.

Lees verder: Brandstoftekorte in Gauteng

Cosatu sê wittes laat Springbokke verloor

Cosatu in die Wes-Kaap sê die swak prestasie van die nasionale rugbyspan die afgelope naweek, is omdat daar nie genoeg swart spelers in die span was nie. Die vakbondfederasie sê daar is ‘n praktyk van “omgekeerde regstellende aksie” in rugby. Vyf swart Springbok-spelers het die vakverbond glo genader om die saak van onregverdige diskriminasie te

Lees verder: Cosatu sê wittes laat Springbokke verloor

Britte sien bedreiging in seemeeue

Seemeeue se manewales maak groot opslae in Britanje. Hoewel besoekers aan die land se strande gewoond geraak het aan die voorbarige geveerdes wat hul vis en tjips steel, haal die voëls deesdae ook koerantopskrifte in die poniepers. Van die onlangse berigte sluit in ‘n seemeeu wat ‘n slimfoon gegaps het, ‘n kanibalistiese reeksmoordenaar, en hoe

Lees verder: Britte sien bedreiging in seemeeue

Nasionale Khoisan Sakekamer wil erfenis beskerm

Die nuut-gestigde Nasionale Sakekamer van die Khoi- en San-mense het onderneem om seker te maak dat inheemse groepe ekonomiese voordeel trek uit hul intellektuele eiendom. Die leierskap van die Boesmans, Namas, Koranas, Griekwas en Kaapse Khoi-mense het in Kaapstad byeengekom, waar daar onder meer besluit is om hul kennis te patenteer. Die president van die

Lees verder: Nasionale Khoisan Sakekamer wil erfenis beskerm