Die beroemde Afrikaanse operasanger, Johan Botha is by sy huis in Wenen in Oostenryk oorlede. Die sanger is net meer as ‘n jaar gelede met lewerkanker gediagnoseer. Botha was kort voor sy dood in Suid-Afrika waar hy ‘n reeks konserte vir die Suid-Afrikaanse Kankervereniging sou hou. Die Gautengse konserte is egter weens sy gesondheid gekanselleer.
Merkel waarsku dat linkses ‘hul woorde moet kies’ sodat regses nie steun wen nie
Kanselier Angela Merkel het Woensdag haar regering se hantering van die vloedgolf migrante wat Duitsland verlede jaar binnegekom het, verdedig. Sy het toegegee dat heelwat nog gedoen moet word en gewaarsku dat kommer, wat tot toenemende steun vir anti-immigrasie nasionalistiese partye gelei het, met erns bejeën moet word. Merkel het gesê linkse partye moet hul
Lees verder: Merkel waarsku dat linkses ‘hul woorde moet kies’ sodat regses nie steun wen nie
Vrygewige Obama ontmoet ook vloekende Duterte in Laos
President Barack Obama het wit-skuld-diplomasie en ‘n oop beursie probeer om Laos in Suid-Oos-Asië na Amerika se kant oor te wen, nadat dit by die G20-beraad geblyk het dat Rusland al hoe meer vriende in die streek maak. Obama het die Viëtnam-oorlog gebruik – wat die VSA verloor het – om hulde aan die oorlewendes
Lees verder: Vrygewige Obama ontmoet ook vloekende Duterte in Laos
Iran verbied by hajj in Saoedi-Arabië
Arabiese Golfstate het Iran daarvan beskuldig dat hulle probeer om die hajj te “verpolitiseer”, nadat die land se opperleier die Saoedi-owerhede oor die bestuur van die jaarlikse pelgrimstog gekritiseer het. Ten minste 2426 mense, insluitend 464 Iraniërs, is dood in die stormloop by verlede jaar se pelgrimstog in Saoedi-Arabië (foto). Volgens Saoedi-owerhede, is net 769
Withuisteenstanders mik vir die pylvak
Die twee teenstanders in die wedloop om die Withuis, Hillary Clinton en Donald Trump, het die week afgeskop en met hul twee maande lange oorblywende resies voor die Amerikaanse presidentsverkiesing begin. Die kandidate het Werkersdag, die tradisionele dag waarop die pylvak-wedloop begin, gebruik om hul argumente te stel waarom hulle die beste vir werkende klas
Wittes wat in swart omgewingsaktiviste ontpop versper Londense aanloopbaan
Alle vlugte na en van die London City-lughawe is ontwrig nadat betogers Dinsdag aanloopbane uit protes teen “sistemiese rassisme” uitbreidingsplanne versper het. Maar die swartes aan die ontvangkant van die beweerde “sistemiese rassisme” wou niks weet van die aksie nie. Is @UKblm a black led movement because unless my eyes deceive me I cant see
Lees verder: Wittes wat in swart omgewingsaktiviste ontpop versper Londense aanloopbaan
UKZN sluit na brand by koshuis
Meer as 60 gestremde vrouestudente moes Dinsdagaand uit hul koshuis op die kampus van die Universiteit van Kwa Zulu-Natal verwyder word nadat ‘n brand uitgebreek het. Die universiteit het intussen klasse vir die volgende twee weke weens die onluste opgeskort. ‘n Matras is blykbaar na agtuur in die koshuis, Charles James Hall, aan die brand
OB-aanstelling: DA-potte wat ketels verwyt
Die Nasionale Vergadering sal vandag besluit of hulle die aanbeveling aanvaar om die gewese ontleder van die Staatsveiligheidagentskap, Busisiwe Mkhwebane, as die nuwe Openbare Beskermer aan te stel. Die verslag van die ad hoc-komitee oor die OB sal vandag aan die Nasionale Vergadering vir finale oorweging voorgelê word. Al die partye, behalwe die DA, het
Leeuteel: Jagters gebraai, maar stropers nie
‘n Toerisme deskundige, Melville Saayman sê, om volhoubare toerisme en ekonomiese groei in Suid-Afrika te verseker, moet ‘n leeuteelprogram ontwikkel word. Saayman het al voorheen oor die implikasies van die jag van leeus in gevangenskap gepraat. Sekere vyandige nieregeringsorganisasies wil kwessies rakende die jag van sulke leeus en ander roofdiere vir kommersiële doeleindes by die
Gaboen se president lag beskuldigings van skynverkiesing af
Gaboen se pasverkose pres. Ali Bongo steur homself nie aan die betwiste verkiesingsuitslae nie, selfs nadat sy minister van justisie bedank het en die voormalige koloniale heerser, Frankryk, voorgestel het dat die stemme oorgetel word. Die Franse eerste minister, Manuel Valls, het gesê dit is noodsaaklik om ’n duidelike verkiesingsproses te hê omdat “twyfel” bestaan.
Lees verder: Gaboen se president lag beskuldigings van skynverkiesing af
