Daar is steeds ‘n groot polisieteenwoordigheid by New Brighton in Port Elizabeth nadat die plunder van winkels wat aan Somaliërs behoort deur die woonbuurt versprei het. Die Somaliërs het alles opgepak wat hulle uit hulle winkels kon red en is na veiligheid geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Thembi Gwe sê die geweld het na bewering begin nadat
Komitees oor twee omstrede kwessies begin dié week
Twee Parlementêre komitees begin die week werk aan omstrede kwessies. ‘n Ad-hoc komitee gaan President Jacob Zuma se opmerkings oor die wetsontwerp oor die beskerming van staatsinligting oorweeg. Zuma het die wetsontwerp verlede week terugverwys na die Parlement, en gesê dele daarvan kan ongrondwetlik wees. ‘n Ander ad-hoc komitee gaan kyk na die Openbare Beskermer
Lees verder: Komitees oor twee omstrede kwessies begin dié week
Pule kos belastingbetaler al oor ‘n miljoen aan regskoste
Dina Pule se opvolger, Yunus Carrim, het onthul dat die voormalige minister van kommunikasie se regskoste die belastingbetaler reeds R1,2 miljoen uit die sak gejaag het. Carrim het in die parlement gesê dat die regskoste tot dusver R1 187 148,82 beloop. Dit is nog nie die finale bedrag nie. Die Sunday Independent het berig dat
Lees verder: Pule kos belastingbetaler al oor ‘n miljoen aan regskoste
Pinetown-bestuurder in hof
Die vragmotorbestuurder wat teen vier taxi’s en ‘n motor gebots het, verskyn Maandag in die Pinetown-landdroshof. Die ongeluk het die lewens van 22 mense geëis. Sanele Goodness May (23) van Swaziland, is op 6 September op 22 aanklagte van moord en roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem. Landdros Wendolynn Robinson het die saak tot
ANC-voorsitter in Pakistan ontvoer
‘n Suid-Afrikaanse sakeman is in Pakistan ontvoer. Arshard Ali, wat ook die ANC-voorsitter in Meyerton is, was Dinsdag by die Lahore-lughawe op pad om ‘n vliegtuig terug na Suid-Afrika te haal, toe vier mans hom gedwing het om in ‘n dubbelkajuit-bakkie te klim, het Eyewitness News berig. Ali se familie het die departement van internasionale
Russiese parlementslid in ‘rassisme’-herrie oor piesangfoto van Obama
‘n Pro-Kremlin-parlementslid en vorige Olimpiese goue medaljewenner staar nou ‘n rassisme-herrie in die gesig nadat sy ‘n foto-collage van president Barack Obama op Twitter geplaas het waarin sy hom met ‘n piesang jukstaponeer Irina Rodnina het ‘n fotokomposisie op Twitter geplaas wat dit laat lyk asof Obama en sy vrou na ‘n hand op die
Lees verder: Russiese parlementslid in ‘rassisme’-herrie oor piesangfoto van Obama
Vierjarige brand dood
‘n Vierjarige swart seun het doodgebrand in ‘n plakkershut in die Witsand-lokasie in Atlantis, Kaapstad. Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad Kaapstad se rampbestuursentrum, het gesê 20 mense is dakloos gelaat nadat hul huise in die brand verwoes is. Die skade van die brand word op R36 000 geraam. – Sapa
VN-verslag oor chemiese wapens verwag
Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moen, gaan later vandag ‘n verslag deur wapeninspekteurs oor chemiese wapens in Sirië voorlê. Hy het reeds aangedui dat die verslag aan die VN se Veiligheidsraad sal bevestig dat senugas in die aanval naby Damaskus op 21 Augustus gebruik is. Honderde mense is in die aanval dood. Die VN-span
Zuma: Jeugliga moet radikaal en gehoorsaam wees
President Jacob Zuma het by ‘n byeenkoms in Seshego, Limpopo gesê die ANC Jeugliga mag radikaal wees, solank hulle die tradisies van die regerende party respekteer. Tienduisende mense het die byeenkoms bygewoon. Daar was nie een wit gesig in die skare of op die verhoog nie, wat ‘n duidelike streep deur die ANC se vermaarde
Lees verder: Zuma: Jeugliga moet radikaal en gehoorsaam wees
Zuma se neef verloor miljoene na goudtransaksie skeefloop
Khulubuse Zuma, die president se gesette neef, het miljoene rande verloor nadat hulle deur ‘n goudswendelaar in Guinee om die bos gelei is. Zuma en ‘n sakevennoot Sikhumbuzo Shamase, het vroeër vanjaar ‘n privaatstraler gehuur om die “goud” te gaan haal van ‘n stamhoof in dié Wes-Afrikaland. Die twee sakemanne, het op 16 Februarie by
Lees verder: Zuma se neef verloor miljoene na goudtransaksie skeefloop
