Ná ‘n versoek van Cosatu om meer inligting oor die persoonlike verryking van die waarnemende hoof van Eskom, Collin Matjila, tydens ‘n beleggingstransaksie, het Matjila skielik sy pos verlaat dog sonder om amptelik te bedank. Volgens die sakekoerant Business Day, het Matjila persoonlik gebaat by ‘n transaksie deur Kopano ke Matla, ‘n beleggingsmaatskappy van Cosatu.
Lees verder: Nuwe Eskom-hoof onder wolk van agterdog oor pensioenfonds
