praag.co.za

NAVO, VSA waarsku Rusland om nie Russe in Oekraïne te steun nie

Rasmussen
Rasmussen

Rusland het die Oekraïne gewaarsku dat enige militêre optrede in die suide en ooste van die land tot ‘n burgeroorlog kan lei.

Russies-sprekende inwoners het Maandag onafhanklikheid van die Oekraïne verklaar en staatsgeboue in verskeie stede in die ooste van die land oor die naweek beset.

Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Anders Fogh Rasmussen het op sy beurt gewaarsku dat daar ernstige gevolge vir die organisasie se betrekkinge met Rusland sal wees indien Rusland nie na NAVO se pype dans nie.

Hy het gesê dit sal ‘n “geskiedkundige fout” wees as Russiese inwoners nie deel van die Oekraïne bly nie. Hy het bondgenote aangemoedig om meer wapentuig aan te koop.

Die Oekraïne se marionet-regering het intussen Russies verbied asook Russiese TV-kanale.

Rusland se geheime diens het intussen bevestig dat die berugte terroris, Dokoe Oemarof in 2014 gedood is. In die Noord-Kaukasus is honderde militante en hul ondersteuners in hegtenis geneem.

Die hoof van die FBS, Alexander Bortnikof sê die Kaukasiese Emirate se terroristeleier is “geneutralisee” ná ‘n “gevegsoperasie”.

Tsjetsjeense Oemarof is deur Rusland, die VSA en die VN-Veiligheidsraad op ‘n swartlys geplaas vir terreurdade, ontvoering, kontrakmoord en ander ernstige misdade in die Russiese Federasie.

Rasmussen het ‘n beroep op Rusland gedoen om soldate van die grens met die Oekraïne te “onttrek”. Rusland sê die aantal soldate by hul grensbasisse is nie meer as wat voorheen daar gestasioneer was nie.

Die Amerikaanse regering het die Russiese president, Wladimir Poetin, gewaarsku om nie in die oostelike deel van die Oekraïne gehoor te gee aan onafhanklikheidsverklarings nie.

Die regering in Kiëf sê die besetting van openbare geboue in die ooste van die land se nywerheidshartland is ‘n herhaling van die gebeure in die Krim.

Die skiereiland het verlede maand oorweldigend gestem om deel te word van Rusland.

‘n Withuiswoordvoerder, Jay Carney, sê indien inwoners dieselfde roete volg as in die Krim, sal dit ‘n ernstige “skending” wees. Hy het Poetin gevra om nie betrokke te raak nie.

Die VSA het verlede maand oproermakers in die Oekraïne betaal om op inwoners en die polisie te skiet op Maidanplein in Kiëf.

Deur chaos te saai, kon Amerika daarin slaag om die verkose regering mbv ‘n staatsgreep oor te neem.

 

Comments

11 responses to “NAVO, VSA waarsku Rusland om nie Russe in Oekraïne te steun nie”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    NAVO, VSA – hou julle pote tuis. Laat daardie mense self besluit wat hulle wil doen. As dit is om Rusland te steun – dan is dit so

  2. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Mmmm, NAVO & VSA het vergeet van die ding oor splinters, balke en oë.

  3. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Jay Carney lyk soos Suid Afrika se woordvoerders. Poepolle.

    1. StalinX Avatar
      StalinX

      Hy se eintlik, O vos HKGK!

  4. Trippie Avatar
    Trippie

    Putin gaan niemand se snert vat nie … (Leonor, hierdie een is vir jou).
    Hier is nou ‘n man, ‘n man wat sy man kan staan !

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Dankie Trippie, hy my Iron Man! En ook my Batman en my Superman. Ag jy weet mos die volgorde,

  5. Trippie Avatar
    Trippie

    Praag, ek hou daarvan dat julle Gustav se Bodem regs bo aangebring het – HOE VER SAL JY GAAN ? Wonder wie het dit opgemerk ?

    Wat het van Gustav se Bodem-verhale geword ? Ek het dit al gevra, maar steeds geen antwoord ontvang nie.

    1. StalinX Avatar
      StalinX

      My punt ook, en nie die dokter se punt nie. Wonder wanneer ek my harde band van Bodem 1 sal kry, indien ooit.

      1. Rentia Diedericks Avatar
        Rentia Diedericks

        Dit neem Naspers se uitgewerye SES maande tot 2 jaar om ‘n boek te druk. Wat is jou probleem?

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Hier op Praag praat ons nie so met mekaar nie!

  6. Rifrug Avatar
    Rifrug

    ‘Kaukasiese Emirate se terroristeleier is “geneutralisee” ná ‘ … seker “geneutraliseer”?

Leave a Reply