Onafhanklike kandidate, wat waarskynlik ‘n naelbyt-Australiese verkiesingsuitslag sal bepaal, het nou op die voorgrond getree. Een van hulle het anti-Asiatiese retoriek, wat 20 jaar gelede vir die eerste keer gehoor is, ingespan en die eerste minister, Malcolm Turnbull, is in die spervuur vir ‘n mislukte politieke dobbelspel. Gerugte doen die rondte dat Turnbull ‘n nuwe
Israel wil stemme uit Afrika koop om negatiewe beeld om te keer
‘n Standbeeld (foto hierbo) is opgerig by Aero-strand suid van Uganda se hoofstad, Kampala, van die ontslape Yonatan Netanyahu. Yonatan was die broer van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en ‘n offisier in die Israeliese weermag se elite-eenheid, Sayeret Matkal. Hy is dood toe Israel ‘n reddingspoging op die internasionale lughawe Entebbe in Uganda
Lees verder: Israel wil stemme uit Afrika koop om negatiewe beeld om te keer
Bob blameer ‘derde mag’ vir opstand in Zim
Verslae uit Zimbabwe sê ten minste 30 mense is in hegtenis geneem oor gewelddadige betogings Maandag in die land. Die regering het gesê hulle sal ‘n moontlike derde mag agter die onlangse betogings wat opgevlam het, ondersoek. Vrydag is ‘n regeringspakhuis by Beitbrug afgebrand, ‘n kitskoswinkel is geplunder en verkeersligte is ook gevandaliseer. Die betogers
Aanklagte teen swart UV-amokmakers onvoorwaardelik teruggetrek
Aanklagte teen twee swart studente wat aanvanklik op 24 Februarie in hegtenis geneem is tydens die oproer by die Universiteit van die Vrystaat (UV) is onvoorwaardelik teruggetrek. Die oproer deur ‘n groep skoonmakers en studente het tot vandalisme en openbare geweld gelei waar Afrikanerbeelde afgebreek is. Machini Motloung, ‘n verteenwoordiger van die Regshulpraad vir studente,
Lees verder: Aanklagte teen swart UV-amokmakers onvoorwaardelik teruggetrek
Joernaliste proe hulle eie sensuur-medisyne
Die SABC se bestuurshoof, Hlaudi Motsoeneng, ook beskou as president Jacob Zuma se bondgenoot, stel nie belang om die skorsing van joernaliste met hul verteenwoordigers te bespreek nie. Die groep joernaliste wat self graag sensuur toepas teen afvalliges, proe nou van hul eie medisyne. ‘n Afvaardiging wat die Media Workers Association of South Africa (Mwasa),
Dodelike verkiesingsgeweld in KZN duur voort
Die Valke ondersoek die moontlikheid dat die moord op ‘n ANC-kandidaat in Newcastle polities gemotiveerd was, het RSG berig. ‘n Woordvoerder sê hulle het Sondag die dossier ontvang. Thembi Mbongo is Vrydagaand voor haar man en kinders in haar huis doodgeskiet. Die vrou is die sewende ANC-lid wat sedert Maart in die provinsie dood is.
Plakkershuise van buitelanders in Tshwane, Kaapstad brand
Die Tshwane Metro sê hulle weet nie wie verantwoordelik is vir die brand in die Plastic View-plakkerskamp nie. Die meerderheid van Plastic View se inwoners is buitelanders en nie Suid-Afrikaanse burgers nie. ‘n Woordvoerder van die burgemeester, Blessing Manale sê hulle sal ondersoek instel na die oorsaak van die brand. Hy sê die brand het
Lees verder: Plakkershuise van buitelanders in Tshwane, Kaapstad brand
Britse soldate staar klagtes van oorlogsmisdade in gesig na Chilcot-verslag
Britse soldate is woedend en ontsteld dat die Chilcot-verslag wat oor die oorlog in Irak handel gebruik kan word om Britse troepe te vervolg, terwyl Tony Blair skotvry daarvan afkom. Aanklaers in Den Haag, wat gewoonlik swart diktators lukraak oor volksmoord vervolg, het bevestig dat hulle die verslag van 2,6 miljoen woorde as bewys vir
Lees verder: Britse soldate staar klagtes van oorlogsmisdade in gesig na Chilcot-verslag
‘Afrikaner-elite’ kleef krampagtig aan verslete identiteit
Die probleem met die Afrikaner-elite is dat hulle hulself as “progressief” beskou, maar in wese nie besef dat ons nie meer in die 80’s leef nie. Hul beweerde gronde vir hul verset teen die Afrikaner, nl. apartheid, het lankal verdwyn. Hulle weier om te aanvaar dat die bordjies verhang is en dat om steeds hulself
Lees verder: ‘Afrikaner-elite’ kleef krampagtig aan verslete identiteit
ISIS-motorbom dood 120 in Bagdad
Minstens 120 mense is dood en 200 beseer in twee bomontploffings in Bagdad, Irak. Reuters berig die eerste bom was in ‘n koeltrok versteek in ‘n besige markgebied in Karada. ‘n Tweede bom het langs ‘n pad ook in ‘n mark, die keer in al-Shaab, ontplof. Albei aanvalle het omstreeks middernag plaasgevind. Die Islamitiese Staat-militantegroep
