Nazi-verhoor te midde van openlike Nazisme in Europa

‘n Sogenaamde oorlewende van Auschwitz, me. Eva Pusztai-Fahidi, is die klaagster in die verhoor van die voormalige Nazi-offisier Oskar Groening, in Lueneburg, Noord-Duitsland. Die 93-jarige man, wat die bynaam die “Boekhouer van Auschwitz” het, word aangekla as medepligtige tot moord in 300 000 gevalle van gedeporteerde Hongaarse Jode wat na Duitse kampe gestuur is. Intussen

Lees verder: Nazi-verhoor te midde van openlike Nazisme in Europa

Vier polisielede vas wat huis beroof

Vier polisiebeamptes is Dinsdagoggend in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle ‘n huis na bewering beroof het. Die beamptes het by ‘n huis in Akasia opgedaag, het hulleself as polisiebeamptes aangekondig en daarop aangedring dat die perseel deursoek moet word, het Mack Mngomezulu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.   Hulle het nege selfone, drie skootrekenaars

Lees verder: Vier polisielede vas wat huis beroof

Twee van Zimbabwe geskiet

‘n Zimbabwiër en sy vrou is Maandagaand in hul huis in Alexandra, noord van Johannesburg, geskiet. Hulle is na die Charlotte Maxeke-hospitaal gehaas. Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, maar die aanvallers het die paar geskiet en hulself daarna uit die voete gemaak. Dit is

Lees verder: Twee van Zimbabwe geskiet

Zuma voer hoëvlaksamesprekings oor oop grense

Hoëvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder. Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat ‘n mesaanval op ‘n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, wêreldkundig geraak het. President Jacob Zuma sal vandag en môre met sakeleiers, arbeid en gemeenskapsorganisasies

Lees verder: Zuma voer hoëvlaksamesprekings oor oop grense

Oop grense: ‘n Ongeluk wat wag om te gebeur

Katie Hopkins, ‘n Britse rubriekskrywer vir die Murdoch-poniekoerant The Sun, is diep in die sop weens ‘n ruwe rubriek oor swart migrante. Enkele dae voordat ‘n boot van sodanige immigrante in die Middellandse See gesink het en ten minste 700 van hulle verdrink het, het Hopkins presies geskryf wat sy dink oor die spul uit

Lees verder: Oop grense: ‘n Ongeluk wat wag om te gebeur

Vier van Jan Kempdorp voor

Vier leerlinge van ‘n hoërskool in Jan Kempdorp verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof vir die beweerde aanranding van ‘n mede-leerling. Volgens polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, bly die beskuldigdes in die sorg van hul ouers. Die vier het na bewering tydens ‘n ontgroeningspraktyk ‘n 19-jarige leerling aangerand in sy koshuiskamer by die skool.

Lees verder: Vier van Jan Kempdorp voor

Fedsas kry nuwe hoof

Die gewese registrateur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskou sy aanstelling as uitvoerende hoof van die beheerliggaam-federasie, Fedsas, se instituut vir skoolbeheer as ‘n voorreg. Derek Swemmer sê hy gaan die geleentheid gebruik om die nuwe instituut, wat deel is van Fedsas se struktuur, uit te brei sodat lidmaatskole onder meer by opleidingsgeleenthede

Lees verder: Fedsas kry nuwe hoof

‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’

Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, het Nuus24 berig. Vosloo, wat al sedert 1956 by die maatskappy betrokke is, sal deur Koos Bekker vervang word. Vosloo het 23 jaar as voorsitter gewerk. “Naspers en sy vennote is in baie goeie vorm. As ouskool-joernalis het ek geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy. So,

Lees verder: ‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’

Sasol verkoop elektrisiteit

Die petrochemiese reus Sasol het ‘n kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig. Volgens die berig sal Sasol 440 MW van sy oortollige elektrisiteit tot die kragnetwerk bydra. Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, het volgens die berig gesê die ooreenkoms geld al van die begin van

Lees verder: Sasol verkoop elektrisiteit

Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig

‘n Privaatmaatskappy het vier standbeelde in die sentrale sakekern van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo verwyder. Hulle het klaarblyklik eensydig tot die onregmatige stap oorgegaan. Dié onwettige stap is geneem nadat een beeld glo beskadig is. Die standbeeld wat met wit verf bemors is, is van ‘n voormalige president van die Zuid Afrikaanse Republiek, Stephanus Schoeman.

Lees verder: Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig