praag.co.za

‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’

Written by

in

,

Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, het Nuus24 berig.

Vosloo, wat al sedert 1956 by die maatskappy betrokke is, sal deur Koos Bekker vervang word. Vosloo het 23 jaar as voorsitter gewerk.

“Naspers en sy vennote is in baie goeie vorm. As ouskool-joernalis het ek geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy. So, dit is voldoende om te sê – wat ‘n wonderlike groep maatskappye, gelei deur ‘n wyse raad plus topklas bestuur, en wat versterk word deur duisende van die heel beste kollegas wat mense kan hoop om mee verbind te word,” het Vosloo gesê.

Naspers se aandeleprys het onlangs deur die R2 000-vlak op die aandelebeurs gebreek.

Comments

9 responses to “‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’”

  1. Henrietta Avatar
    Henrietta

    Wonder wat sy punt sal wees as ‘n mens in ‘n toets sou vra:

    Onderstreep die byvoeglike naamwoorde in die volgende sin: ” ‘n Wonderlike groep maatskappye, gelei deur ‘n wyse raad plus topklas
    bestuur, en wat versterk word deur duisende van die heel beste kollegas
    wat mense kan hoop om mee verbind te word.”

    1. G Avatar
      G

      Skerp, nee, vlymskerp!

      1. Neels Avatar
        Neels

        ‘n Dronk ou agter die stuur wat pale vermy? Eina! Of… Die man hou van lieg.

    2. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Onderstreep die byvoeglike naamwoorde in die volgende sin: ” ‘n
      Wonderlike groep maatskappye, gelei deur ‘n wyse raad plus topklas
      bestuur, en wat versterk word deur duisende van die heel beste kollegas
      wat mense kan hoop om mee verbind te word.”

      Wonderlike, wyse, topklas, beste … Naspers? Ton Vosloo … jy grap seker!

  2. Jan Rap Avatar
    Jan Rap

    Al die geld wat Ton Vosloo gemaak het sal nooit genoeg wees om sy siel terug te koop nie.

  3. jan Avatar
    jan

    Mens kan nie ontsettend eerlik wees nie – as jy ‘ontsettend’ is dan is skelm.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    “wat ‘n wonderlike groep maatskappye, gelei deur ‘n wyse raad plus topklas bestuur, en wat versterk word deur duisende van die heel beste kollegas wat mense kan hoop om mee verbind te word” –

    Dit laat my wonder wie werklik aan beheer staan. Hulle verguis die Afrikaner en speel politiek vir ‘n eerste plek en dan betaal die wat daardeur benadeel word ook nog daarvoor! Wat ‘n besigheidsmodel!

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Dis dus duidelik, die Afrikaner is nie in beheer daar nie.

    2. Baasfrans Avatar
      Baasfrans

      Ek dink die artikel lees heel reg behalwe vir die spelfoutjie. Maak net die woortjie “hoop” reg. Ek dink hy het seker bedoel “koop”.

Leave a Reply