praag.co.za

Tag: oop grense

  • Wat wou die oproeriges in Hamburg regtig bereik?

    Wat wou die oproeriges in Hamburg regtig bereik?

    Kanselier Angela Merkel het haar besluit verdedig om die G20-byeenkoms in Hamburg te hou. Nadat gewelddadige botsings die byeenkoms lamgelê het en donker rookwolke bo die Schanzenviertel gehang ​​het, was dit hoegenaamd nie duidelik wat die oproeriges wou bereik nie.

    Katja Kipping, mede-voorsitter van die Linkse party, het Saterdag by op ‘n optog aan die betogers gesê die polisie het sowat 50 000 mense vir die Solidariteit Sonder Grense se protes beraam, terwyl organiseerders die getal op meer as 75 000 geskat het.

    Merkel het gesê haar regering sal besighede vergoed vir eiendomsbeskadiging in die nasleep van plundery en oproer deur Antifa-aktiviste. Gewelddadige botsings het meer as 200 polisiebeserings veroorsaak en ongeveer 260 betogers is in hegtenis geneem. Merkel hoop vir herverkiesing in September, vir ‘n vierde termyn, iets wat Zuma nie eers gegun word nie.

    “Ek veroordeel in die sterkste terme die ongekende geweld en ongebreidelde brutaliteit waarmee die polisie herhaaldelik tydens die G-20 gekonfronteer is,” het Merkel aan Bloomberg gesê terwyl polisiehonde op die agtergrond onophoudelik bly blaf en helikopters oorvlieg. “Blykbaar is daar mense wat geen belangstelling het in die kwessies nie, maar eerder ‘n verwoestingstog van blinde vernietiging in hul eie omgewing wou sien. Harde polisiemaatreëls is die enigste reaksie daarop.” Oor die Antifa se oogmerke was Merkel tjoepstil en niemand wou “kwessies” bevraagteken nie.

    Die Duitse polisie was nie geamuseerd nie. Een beampte het die kanselier gevra of sy voel dat die beraad die moeite werd was. Duitsland se anti-kapitalistiese linkse partye, Turkse en Koerdiese dissidentgroepe, asook arbeids- en omgewingsorganisasies het hul almal by die optogte aangesluit.

    Linkse idiote neem selfies van hul vernietiging in die naam van Merkel se beleid

    Die polisie het gesê sowat 500 aanvallers het ‘n supermark geplunder. Oproeriges het in die winkels ingebreek en goedere gesteel. Peter Altmaier, Merkel se skakelbeampte, het die onluste as “terreur” beskryf. Altmaier het Saterdag die Merkel-regering se grootste belaglikheid getwiet: “Die linkse ekstremistiese terreur in Hamburg was walglik en net so erg soos terreur deur regse ekstremiste en Islamiste.” Maar daar is geen terreur deur “regse ekstremiste” aangemeld nie.

    “Die grootste besorgdheid van die weermag is tans die gebruik van hommeltuie deur [linkse] betogers,” het Der Spiegel berig. “Volgens interne ontledings kan hulle oor die Elbphilharmonie [konsertsaal] of die ontmoetingsplek vlieg met ‘n swerm kommersiële tuie.”

    Die Amerikaanse president Donald Trump is beskryf deur Hans-Georg Maassen, hoof van die Duitse geheime diens, die Verfassungsschutz, as aanhitser van “regse ekstremisme”. Trump het sy eerste ontmoeting met die Russiese president, Wladimir Poetin in Hamburg gehad, terwyl bykans 20 000 polisie eintlik probeer het om… geweld deur linkses te keer.

    Verlede jaar het Maassen in ‘n onderhoud aan Reuters gesê: “Die regs-ekstremistiese toneel is ‘n netwerk op Europese vlak, en in sommige gevalle, met verbindings in die Verenigde State.” Maar daar was geen teken van sulke groepe se teenwoordigheid in Hamburg nie. Inteendeel.

    “Die wreedheid, met die uiters gewelddadige chaos in Hamburg is onbegryplik en verregaande,” het die Duitse minister van binnelandse sake, Thomas de Maiziere, gesê. “Hulle is nie betogers nie, hulle is misdadigers.” Maar die “misdadigers” het dit duidelik gestel dat hulle ‘n politieke doelwit het wat met Merkel s’n ooreenstem: Oop grense en die gepaardgaande wetteloosheid.

  • Italiaanse aanklaer sê smokkelaars en liefdadigheid het migrasie krisis geskep

    Italiaanse aanklaer sê smokkelaars en liefdadigheid het migrasie krisis geskep

    Volgens die vlugtelinge-agentskap van die Verenigde Nasies (UNHCR) het sowat 182 000 migrante in 2016, nog ‘n rekordjaar, Italië binnegedring omdat ‘n Italiaanse aanklaer sê mensehandelaars werk nóú saam met NRO’s om die krisis te skep.

    Hierdie syfer sluit slegs diegene wat amptelik geregistreer is deur Italiaanse amptenare of NRO’s en nie die massiewe golf van immigrante wat onwettige toegang verkry het nie.

    Die oorgrote meerderheid van buitelanders in die EU is onwettige, ongedokumenteerde immigrante, want in 2016 is slegs 2,65 persent van die immigrante in Italië asiel as vlugtelinge toegeken, oftewel 4 808 gevalle.

    Die leier van die Noordelike Liga, ‘n nasionalistiese politieke party, Matteo Salvini, het aangekondig dat hy ‘n saak teen regeringsleiers sal bring vir die bevordering van onwettige immigrasie in die land.

    “Dit is nou duidelik dat onwettige immigrasie georganiseer en gefinansier word. Daarom het ons besluit om ‘n saak teen die regering, die president van die Raad, die ministers en die bevelhebbers van die vloot en die kuswag aanhangig te maak,” het Salvini gesê.

    ‘n Beroemde Italiaanse aanklaer het die regering in die openbaar beskuldig dat hulle “mensehandelaars help” om die land se ekonomie te ondermyn. Carmelo Zuccaro, het aan Rai 3, ‘n staatsbeheerde TV-kanaal, gesê dat nie-regeringsorganisasies met hul soek-en-redding-sendings onwettige immigrasie uit Libië aanmoedig.

    Zuccaro is ‘n swaargewig in Italië, wat georganiseerde misdaad daadwerklik bestry. Hy het van Italië se mees berugte Mafia-misdadigers lewenslank tronk toe gestuur, ‘n dapper daad te midde van doodsbedreigings, moorde op sy kollegas asook sy familie.

    Zuccaro het in ‘n onderhoud met die koerant La Repubblica Vrydag gesê die bewerings het van geloofwaardige bronne gekom en het politici aangespoor om dadelik op te tree. Salvini het Zuccaro geprys en gesê dat NRO-werknemers wat betrokke is by die soek-en-reddingsdienste “gearresteer moet word” en hul skepe “gesink” moet word.

    Verlede jaar het Salvini gekla dat die dele van Italië se mees bevolkte stad “nie Italië of Europa meer is nie” as gevolg van die “georganiseerde inval” in Milaan. “Ek het vanoggend in Milaan geloop, en sommige dele van die stad is nie Italië of Europa nie. Dit word heeltemal beheer deur immigrante.

    “Die probleem is om ‘n georganiseerde inval wat die etniese suiwering van Italianers en Europeërs veroorsaak, te stuit. In ‘n jaar sal ons praat oor honderde duisende mense wat aankom.”

    Die helfte van die immigrante wat in Italië aangekom het, sowat 90 000, het nooit om asiel gevra nie, en het as ongedokumenteerde immigrante verdwyn, wat in Italiaans as “clandestini” bekend staan.

    Ten spyte van die feit dat die oorgrote meerderheid immigrante in Italië asiel geweier is, is minder as 5 000 in 2016 gedeporteer.

    Die eerste kwartaal van 2017 het ‘n toename van 30 persent in instromers getoon vergeleke met dieselfde tydperk in 2016. Italië het in ‘n enkele naweek meer as 8 500 migrante oor Paasfees ontvang.

    Meer as 140 000 immigrante is verlede jaar in Italiaanse skuilings gehuisves, ‘n sewevoudige toename van 2013, met die immigrantekrisis nou in sy derde jaar.

    Intussen het ‘n ekonomieprofessor in Duitsland bevestig dat twee derdes van vlugtelinge wat in die EU aankom, ongeletterd is, sonder die vermoë om werk te vind en sodoende die land se ekonomie saboteer.

    Ludger Woessmann, ‘n professor in ekonomie aan die Universiteit van München, het aan die Duitse tydskrif Zeit gesê 65 persent van Siriese vlugtelinge is ver onder internasionale standaarde wat basiese lees- en skryfvaardighede betref, en kan werkloosheidskoerse deur die dak dwing asook die vraag na maatskaplike welsynstoelaes.

    “Met twee-derdes as funksioneel ongeletterd beskou in ooreenstemming met internasionale onderwysstandaarde, is dit die nodige opleiding om plaaslike besighede te bestuur wat meestal ontbreek,” sê Woessmann.

    “Ons moet onsself voorberei dat die meerderheid jong vlugtelinge sal misluk in hul drie jaar opleidingskursusse wat ‘n hoë vlak van teorie bevat,” sê Woessmann. “Sewentig persent van die vlugtelinge uit Sirië, Afghanistan en Irak wat twee jaar gelede begin het, het reeds uitgeval.”

    Die berig wat u hier gelees het is uniek in Afrikaans. Dit is spesiaal nagevors vir PRAAG wat die nasionalistiese tendense in Europa ten nouste volg. Help ons asseblief om dit vol te hou deur aan te sluit!

  • Het ‘n towerspreuk Harry Potter-outeur se besige tong stil?

    Het ‘n towerspreuk Harry Potter-outeur se besige tong stil?

    JK Rowling, die skepper van Harry Potter, is ‘n baie ryk burger. Volgens die media het sy bates met ‘n netto waarde van sowat een miljard dollar. Maar afgesien van haar rykdom, is sy ook lief vir oop grense en “vlugtelinge”.

    Toe sy egter die geleentheid gegun word om te bewys sy is opreg in haar soort “menslike” oortuigings, en dat sy bereid is om persoonlike opofferings te maak vir oopgrens-immigrasie – presies wat sy van ander verwag om te doen – is die prekende en praatsieke Rowling skielik skynbaar minder gewillig.

    Die skrywer het eenkeer melodramaties die stories oor immigrante wat geraak word deur Trump se “reisverbod” op Moslems vergelyk met haar werk by Amnestie Internasionaal wat oor politieke gevangenes en diktators gehandel het.

    Rowling verdedig migrante met ywer en ontken die stygende misdaad wat verband hou met die instroming. Diegene wat teen oop grense is, is volgense haar Twitter-vete met Daily Mail redakteur Piers Morgan dié wat die meeste aanstoot gee.

    Terwyl die meeste van haar aanbiddende lesers nie van die feit hou dat immigrante hul lande oorstroom nie, veral in Frankryk, Swede en Duitsland, verdedig Rowling nogtans onbeperkte immigrasie.

    Na sy Morgan vertel het om te “fokof” toe hy gesê het die uitvoerende bevel van President Donald Trump se immigrasieverbod is nie slegs ‘n Moslemverbod nie, was Rowling pens en pootjies midde in die geveg vir meer “vlugtelinge” na haar land. Sy beskryf die hofbesluit in die VSA om die verbod ongedaan te maak “so bevredigend soos ek gedink het”.

    ‘n Konserwatiewe kommentator, Mike Cernovich, wat al keelvol was vir Rowling se morele aanstellerigheid, het nou aangebied om vliegtuigkaartjies te koop vir 100 vlugtelinge om in haar groot herehuise in Aberfeldy en Edinburgh vir ‘n jaar te kom woon. Aanbieder van die “Mark Kaye Show” het aangebied om 20 kaartjies te betaal en Hollywoodsterre met groot bekke word nou ook gevra om hul huise oop te stel.

    Mike se uitdaging versprei soos ‘n veldbrand. Na 27 301 stemme, het Cernovich ‘n oproep gedoen aan Rowling om “die herehuis se mure af te breek”. Sy Twitter-peiling het bevind dat 92 persent van die stemmers meen dat Rowling sy aanbod moet aanvaar.

    Die mense het gepraat, en die resultate is duidelik: JK Rowling moet “vlugtelinge” toelaat in haar wonings of haar grootbekuitsprake stop. Kort na die uitdaging, het Rowling wat baie aktief is op Twitter, skielik baie stil geraak.

    Dit lyk asof Harry Potter towerwoorde oor haar uitgespreek het. Haar stilte spreek egter boekdele. Die “Harry Potter” skrywer het toevallig ‘n “muur” van 10m heinings opgesit om haar huis om haar privaatheid te verhoog.

  • Merkel maak planne om grense oop te hou vir nog 12 miljoen

    Merkel maak planne om grense oop te hou vir nog 12 miljoen

    Die Duitse kanselier Angela Merkel is nie van plan om die grense van Duitsland gou te sluit nie ten spyte van haar aankondiging van sekere beperkings op onwettige immigrante en familieherenigings.

    Dit het na vore gekom dat Duitsland 300 000 mense per jaar vir die volgende 40 jaar benodig om bevolkingsafname te stop.

    ‘n Verslag van Merkel se regering wat uitgelek het, en gepubliseer is deur die Rheinische Post, verklaar dat Duitsland 12 miljoen immigrante moet inneem oor die volgende vier dekades om Duitsland se bevolkingsgrootte stabiel te hou.

    Die verbysterende syfers sal Duitsers laat voel dat hulle verder oorval word as deur die byna 2,2 miljoen buitelanders wat hul tuiste oorstroom het in 2015 alleen.

    Volgens plaaslike verslae is die nuwe beleid opgestel deur die regering wat erken dat die kwessie van integrasie nie opgelos is nie.

    Die nuwe riglyne oor integrasie van vlugtelinge merk op: “Volgens ons ervaring sal dit [integrasie] nie maklik wees nie en sal dit langer as wat aanvanklik gehoop is, duur.

    “Suksesse sal slegs sigbaar wees in die medium tot lang termyn,” lui die konsepplan.

    Verlede week het Merkel ‘n verbod geplaas op families wat wil herenig want dit kos die staat al 4 miljard euro. Dit beteken dat slegs jong mans sonder hul gesinne in die land toegelaat word.

    Die Bundestag het gestem om deportasie te bespoedig en het verpligte vingerafdrukke ingestel, nadat soveel as drie miljoen immigrante Duitsland tydens Merkel se oop-grens-waansin binnegestroom het.

    Die verbod, wat ook van toepassing is op vroue en kinders en bejaardes uit konflikgeteisterde Moslemlande, is in plek gestel vir die volgende twee jaar.

    Hieruit is dit duidelik dat die kanselier ‘n soort onderklas wil skep waar derdewêreld migrante met Duitse vroue ondertrou, ‘n onverkwiklike sosiogenie-projek om die presterende Duitse volk tot niet te maak.

    Merkel het al herhaaldelik gesê daar bestaan nie iets soos ‘n Duitse volk nie. Behalwe die AfD party se kiesers, glo die meeste Duitsers dit ook.

    U het pas ‘n unieke nuusberig gelees in Afrikaans! Help ons asseblief om sulke belangrike berigte op die lug te hou in belang van Afrikaners. Sluit vandag nog aan by Praag.

  • Republikeine kruip terug na Trump

    Republikeine kruip terug na Trump

    Die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het aangedui hy gaan voortaan sy verkiesingsveldtog voer presies soos hy wil, noudat die NeoCon globaliste in die party uitgesnuffel is.

    Dié Republikeine wat gedink het hul gekonkel teen Trump gaan werk, soos Suid-Dakota se Senator John Thune, het intussen teruggekruip.

    WikiLeaks het die week onthul hoe die globaliste die Demokratiese party geïnfiltreer het om oop grense, eenwêreldregering en korporatiewe beheer in te stel, maar kennelik is daar globaliste onder die Republikeine ook.

    “Dit is so lekker noudat die boeie van my afgehaal is en ek kan veg vir Amerika op die manier wat ek wil,” het Trump op Twitter gesê.

    Hy sê hy gaan Hillary Clinton, die Demokrate se presidentskandidaat, op sy eie voorwaardes aanpak.

    Paul Ryan, die top-Republikein in die kongres, het Maandag aan die party se wetmakers gesê hy gaan nie vir Trump stemme werf nie. Dit het ‘n vloedgolf van kritiek teen hom losgelaat.

    Ryan is ‘n voorstander van oop grense en het voorheen gesê die VSA is net ‘n “idee”, nie ‘n land met grense nie.

    Trump het in reaksie gesê die “dislojale” Republikeine is nog moeiliker as Clinton en het Ryan as ‘n “baie swak en ondoeltreffende leier” uitgesonder.

    “Hulle val jou van alle kante af aan. Hulle weet nie hoe om te wen nie – ek sal hulle wys!”

    Trump het WikiLeaks Woensdag geprys vir die vrystellings van die Demokrate wat ook toon hoe dat Clinton kiesers dom wil hou en hulle wil manipuleer.

    ‘n Reuters/Ipsos-peiling wat Dinsdag bekend gemaak is, het intussen bevind dat 58% van die Republikeine wil hê Trump moet hul kandidaat bly. Daar is ook bevind dat 68% van die Republikeinse leierskap hom steeds ondersteun.

    Die peiling is gedoen na die tweede debat tussen Trump en Clinton wat Sondag plaasgevind het. Trump het Clinton vermorsel, maar die korrupte hoofstroommedia probeer uitmaak of Clinton die geveg gewen het.

  • Zuma voer hoëvlaksamesprekings oor oop grense

    Hoëvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder.

    Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat ‘n mesaanval op ‘n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, wêreldkundig geraak het.

    President Jacob Zuma sal vandag en môre met sakeleiers, arbeid en gemeenskapsorganisasies vergader.

    Dit volg ‘n dag nadat die weermag in Alexandra, noord van Johannesburg ontplooi is om die polisie te ondersteun.

    Voortslepende, lae-intensiteit geweld teen buitelanders het drie weke gelede in die Durban-omgewing verhewig en na Gauteng oorgespoel.

    Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Ghana, Lulama Xingawa, sê sy het dreigemente van vier mense van Ghana ontvang dat die Kommissariaat in Accra aangeval gaan word uit vergelding.

    Sy het ontken dat Ghanese in die jongste geweld omgekom het en gesê die Suid-Afrikaanse minister van polisie het bevestig dat geen burgers van Ghana in Suid-Afrika geteiken word nie.

    ‘n Ghanese burger is onlangs in Durban dood gevind, maar volgens die polisie was dit aan misdaad te wyte.

    Xingwana sê veiligheid by die gebou is intussen opgeskerp.

    Suid-Afrika moes egter sy konsulaat in Lagos in Nigerië sluit weens betogings oor die xenofobiese voorvalle.

    Die Suid-Afrikaanse konsul-generaal in Nigerië, Sam Monaisa, sê Nigeriërs gebruik sosiale media om ‘n reeds-gespanne situasie in Suid-Afrika uit verband te ruk.

    Hy het Suid-Afrikaners in dié land gewaarsku om besonder waaksaam te wees en nie onnodig die aandag op hulself te vestig nie.

    Protesoptredes is gehou by die konsulaat en die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat in Abuja. Die konsulaat sal vir twee dae gesluit wees.

  • Oop grense: ‘n Ongeluk wat wag om te gebeur

    Katie Hopkins, ‘n Britse rubriekskrywer vir die Murdoch-poniekoerant The Sun, is diep in die sop weens ‘n ruwe rubriek oor swart migrante.

    Enkele dae voordat ‘n boot van sodanige immigrante in die Middellandse See gesink het en ten minste 700 van hulle verdrink het, het Hopkins presies geskryf wat sy dink oor die spul uit die suide wat hulp in Europa kom bedel.

    Die toeval is vreemd want op dieselfde oomblik in Suid-Afrika het plaaslike swartes met mening op buitelanders toegesak in wat Zimbabwiese diplomate ‘n “grys gebied” van sterftes genoem het. Amptelik het sewe mense omgekom, maar Zimbabwiese koerante beweer daar is meer sterfgevalle.

    Daar was selfs stemme in die ANC wat na ‘n “derde mag” verwys het, maar die regime het nogtans hul verbintenis tot oop grense, wat aanleiding gegee het tot die tragedie, herbevestig.

    Hopkins het die aspirant-bedelaars beskuldig van ‘n “hardnekkige lewenskragtigheid wat met dié van kakkerlakke vergelyk”, en voorgestel dat hulle ter see afgeskrik word deur kanonbote eerder as wat hulle deur reddingswerkers opgepik word.

    Verskeie aanlynpetisies met duisende handtekeninge het The Sun intussen gevra om Hopkins af te dank, terwyl die Vereniging van Swart Prokureurs poog om haar vir die aanhitsing van rassehaat te vervolg.

    Maar die poniekoerant byt steeds vas en het nog nie geswig voor die geweldige druk om van hulle rubriekskrywer ontslae te raak nie.

    Hier is nog ‘n oorspronklike uittreksel uit Hopkins se stuk:

    No, I don’t care. Show me pictures of coffins, show me bodies floating in water, play violins and show me skinny people looking sad.

    I still don’t care.

    Because in the next minute you’ll show me pictures of aggressive young men at Calais, spreading like norovirus on a cruise ship.

    Watching them try to clamber on to British lorries and steal their way into the UK, do I feel pity? Only for the British drivers, who get hit with a fine every time one of this plague of feral humans ends up in their truck.

    Die dag nadat Hopkins se stuk verskyn het, het Le Figaro, die sentrum-regse Franse koerant wat min of meer tot dieselfde gehoor as die Wall Street Journal in die VSA spreek en nie as “ver-regs” sal kwalifiseer nie, ‘n stuk deur Hervé Juin die lig laat sien.

    Die skrywer is bekend vir sy prominente, anti-globalistiese polemiese artikels oor die “ekologie van beskawings”.

    Juin se uitstekende argument, in dié stuk asook elders, is dat die ideologie van individuele regte, in samewerking met die meedoënlose opmars van globale kapitalisme, tot die vernietiging van diversiteit van beskawings sal lei.

    Volgens skattings wag daar ‘n miljoen voornemende Afrikane om in Europa aan wal te gaan met EU-wette en veral die Lissabonverdrag wat lidlande dwing om humanitêre hulp aan hulle te verleen en menselewens te red.

    In Libië, Noord-Afrika, waar NAVO die eens welvarende land met lugaanvalle tot ‘n terreurnes verdoem het, wag daar vandag die meeste onwettige migrante om te vertrek.

    Onder die voorwendsel dat hulle asielsoekers is, kan ISIS-elemente tans maklik die vasteland binnedring, ‘n kopseer vir sowel amptenare as politici.

    Meer as 1750 migrante het reeds sedert die begin van die jaar in die Middellandse See omgekom. Dit is meer as 30 keer hoër as in dieselfde tydperk van 2014, sê die Internasionale Organisasie vir Migrasie.

    Gaan Europa, wat fel gekritiseer word deur veral linkse Amerikaanse, sogenaamde menseregtegroepe, bes gee?

    Die VSA, wat as ‘n immigranteland tot stand gekom het, is die dryfveer van die ideologie van multikulti, meng en morele verontwaardiging, asook die destabilisering van Noord-Afrika wat direk vir die stormloop verantwoordelik is.