Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig

‘n Privaatmaatskappy het vier standbeelde in die sentrale sakekern van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo verwyder. Hulle het klaarblyklik eensydig tot die onregmatige stap oorgegaan.

Dié onwettige stap is geneem nadat een beeld glo beskadig is. Die standbeeld wat met wit verf bemors is, is van ‘n voormalige president van die Zuid Afrikaanse Republiek, Stephanus Schoeman.

Die Moolman-groep, wat verskeie eiendomme in die middestad besit, sê hulle “is genoop” om die standbeelde te verwyder, maar die Polokwane munisipaliteit het verklaar dat geen toestemming verleen is om die standbeelde te verwyder nie.

Die standbeelde van Voortrekkerleiers staan sedert 1986 in die stad se biblioteek-tuin.

‘n Wit woordvoerder van die Moolman-groep, Peter Pratt sê hulle sal met die “nodige belanghebbendes” beraadslaag oor hoe hulle van die standbeelde gaan ontslae raak.

Dié Voortrekkerbeelde is deel van die Afrikanerkultuurskat.

‘n Woordvoerder van die munisipaliteit, Tidimalo Chuene sê hulle was nie daarvan bewus dat een van die beelde beskadig is nie.

Chuene sê die Moolman-groep het vroeër versoek dat die standbeelde verwyder word, maar die proses is nog aan die gang.

Die eiendomsgroep soek glo na ‘n gerieflike verskoning om ‘n eiendomsontwikkeling te loods op grond waar die standbeelde gestaan het, sê bronne, en het vermoedelik self die beelde beskadig.

Skendings van kultuur-historiese gedenkwaardighede vier hoogty nadat die Universiteit van Kaapstad skendings van dié aard tot regmatige rasvergeldingsaanvalle verklaar het met die verwydering van die “wit” Rhodes-beeld.

Die UK se onwettige raadsbesluit dat swartes eensydig mag beslis oor ander groepe se kultuurhistoriese geskiedkundige geestesgoedere soos monumente, standbeelde en gedenkplate, het tot ‘n onlangse vlaag van sulke anti-wit aanvalle gelei.

Beelde van Dick King, Louis Botha, Jan Smuts, Jan en Maria van Riebeeck, Paul Kruger, Andrew Murray en selfs ‘n beeld ter ere van perde in die Anglo-Boereoorlog, is intussen elders gevandaliseer.

Die ANC het onlangs met Solidariteit en Afriforum beraadslaag as alleenverteenwoordiger van Afrikaners om standbeelde te skuif. Verteenwoordigers van die vakbond het reeds aangedui dat hulle ten gunste daarvan is om standbeelde namens die regime te verwyder na ‘n soort “Jurassic Park” van verdwene Afrikaners.

16 thoughts on “Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig”

  1. Ons moet baie versigtig wees vir die oorblewene Broeders van Afrisolimorsmytyd. Die hebsug en hubris van hierdie klomp selfaangestelde woordvoerders van die Afrikaanses (lw nie die Boer/Afrikaner nie) ken geen perke nie. Durf dit waag om met hulle te verskil is hulle mos vinnig om te praat van “regse rand-eiers” al is dit teen die wense van die skapies wat sorg dat hulle R14miljoen rekeningkie elke maand betaal is

          1. So leer ons almal elke dag iets nuuts van Afrikaans … deur dit te praat, en te skryf, en mekaar te korrigeer … op ‘n vriendelike hulpvaardige manier.

          2. Nie almal waardeer dit as ons mekaar op foutjies wys nie – al is dit hoe goed bedoel. Hier op Praag het ons van die beste rubriekskrywers en heelwat Praaglede (onder andere jy en Dolk) wat Afrikaans so mooi en suiwer gebruik (ek kry soms skaam vir my eie taalgebruik en sal dit altyd waardeer wanneer iemand my teregwys waar ek fouteer). Mens (EK) is nooit te oud om te leer nie.

  2. Dit is ‘n kriminele oortreding om enige standbeeld sonder die nodige toestemming van die owerhede te verwyder of te beskadig. Praag moet eintlik kriminele klagte teen die direkteure van die Moolmansgroep aanhangig maak. Laat hulle maar ‘n “slow puncture” in die polisieselle opdoen.

  3. Ons wou tog so graag soos “die res van die wêreld” wees: modern, modieus, materialisties, links, lafhartig, liberaal, swemmende met die stroom, gesigloos, ruggraatloos, beginselloos, karakterloos, identiteitloos . En raai wat, nou is ons.

Maak 'n opvolg-bydrae