Suid-Afrika sal nuwe nommerplate in 2017 kry, sê die departement van vervoer. Nuus van die nuwe nommerplate het eers aan die lig gekom in 2015 toe die departement van vervoer ‘n kennisgewing uitgestuur het om Suid-Afrikaners van die beoogde plan van aksie in te lig. Die nuwe borde, sê die departement, sal elke vyf jaar
EFF se eis dat OB-onderhoude gestaak word verwerp
Die EFF eis dat die onderhoude vir die pos van Openbare Beskermer gestaak word en dat die proses om kandidate op die kortlys te plaas weer moet begin. Die hoofsweep van die EFF, Floyd Shivambu, sê daar moet onderhoude met meer mense gedoen word. Hy het ook gevra dat die besluit om op een dag
Lees verder: EFF se eis dat OB-onderhoude gestaak word verwerp
China suur oor ontplooiing na Spratly-eilande
Viëtnam het verskeie van sy eilande gefortifiseer in die Suid-China See wat die bron van ernstige dispute tussen China en die VSA is. Nuwe mobiele vuurpyllanseerders is glo na die eilande ontplooi, maar Viëtnam se minister van buitelandse sake sê die inligting is “foutief”. Amerikaanse militêre personeel sê van die toerusting is na vyf basisse
Rousseff in staat van beskuldiging gestel met Rio Spele in volle swang
Met die oë van die wêreld op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, het senatore in die Brasiliaanse hoofstad Brasilia, dié week met 59 stemme teen 21 teen die geskorste leier, Dilma Rousseff (foto bo) gestem, in ’n 20-uur lange sessie waarvan hoofregter Ricardo Lewandowski die voorsitter was. ’n Skuldigbevinding sal beslis daartoe lei
Lees verder: Rousseff in staat van beskuldiging gestel met Rio Spele in volle swang
Etniese geweld teister Ethiopië
Oproer in Ethiopië het in November 2015 in die Oromia-streek begin wat die hoofstad omring. Planne van die regering om die grense van Addis Abeba, die setel van die Afrika-Unie uit te brei, het aanleiding tot die openbare uitbarstings gegee. Oor die naweek het owerhede ten minste 100 mense gedood en ‘n algehele verbod op
Egipte muilband polisie
Egipte se parlement het Dinsdag beperkings op die polisie goedgekeur wat hulle onder meer verhinder om inligting aan die media te verskaf. Kritici sien dit as ‘n poging om menseregteskendinge en korrupsie toe te smeer. Kragtens wysigings aan die polisiewet moet polisiebeamptes voortaan geskrewe toestemming van die ministerie van binnelandse sake hê, alvorens hulle inligting
NYT loods histeriese aanval teen Trump
Vyftig sogenaamde Republikeinse veiligheidskenners, insluitende ‘n voormalige direkteur van die Amerikaanse intelligensiediens (CIA), het Maandag die party se presidentskandidaat, Donald Trump, uitgekryt as ongekwalifiseerd om die land te lei en gesê hy sal die “mees roekelose president in Amerika se geskiedenis” wees. Die verklaring is die jongste verwerping van Trump se kandidatuur deur veteraan Republikeinse
Zambiërs nie entoesiasties oor demokrasie nie
Zambië sal Donderdag stem in ‘n algemene verkiesing. Inwoners sal ook hulle stemme uitbring vir die volgende president van die land. Maar daar is byna geen entoesiasme vir die demokratiese proses nie. Regoor Zambië is besonder lae stempersentasies in die 2014 verkiesing opgemerk. Net 32,36% van geregistreerde kiesers het deelgeneem. Ontleders verwag dieselfde lustelose vertoning
Partye het tot 20 Augustus om koalisies te vorm
Politieke partye het tot volgende Saterdag, 20 Augustus tyd om koalisies te vorm om munisipaliteite en metrogebiede te bestuur waar geen party ‘n volstrekte meerderheid stemme gekry het nie. Die SABC berig samesprekings tussen die ANC en die EFF sal na verwagting vandag voortgaan. Die ANC se leierskap het volgens berigte in die geheim met
Lees verder: Partye het tot 20 Augustus om koalisies te vorm
Kaapse paramedici moet koeëlvaste baadjies dra
Wes-Kaapse paramedici kan nie hul werk doen sonder koeëlvaste baadjies, pepersproei en skokstokke nie. ‘n Vlaag aanvalle in swart gevaargebiede die afgelope maande die noodhulpwerkers tot dié stappe gedwing. ‘n Noodhulpbeampte wat sedert 1995 in Kaapstad werk en wat anoniem wou bly, het aan Netwerk24 gesê personeel voel nie meer veilig nie. Gesondheidsdepartement-woordvoerder, Luyanda Mfeka,
