‘Rambo’ van Duitse Ansbach-aanval lyk soos tipiese infiltreerder

‘n Siriër, bekend as “Rambo” het Sondag in Ansbach, Duitsland, sy bomgordel buite ‘n musiekfees laat ontplof. Twaalf ander mense is in die voorval beseer, waarvan drie ernstig. Die Siriër het twee jaar gelede in Duitsland aangekom en het na bewering “twee keer vantevore selfmoord probeer pleeg”. Die man was glo bang dat hy teruggestuur

Lees verder: ‘Rambo’ van Duitse Ansbach-aanval lyk soos tipiese infiltreerder

‘SAUK-4’ deur Arbeidshof heraangestel

Die vier joernaliste wat summier deur die SAUK afgedank is omdat hulle beswaar gemaak het teen Hlaudi Motsoeneng se beleid om nie meer oor onluste te berig nie, is vanoggend enkele minute gelede deur die Arbeidshof in hul poste heraangestel. Regter André van Niekerk het beslis dat Foeta Krige, Jacques Steenkamp, Suna Venter en Krivani

Lees verder: ‘SAUK-4’ deur Arbeidshof heraangestel

Zuma stuur kommunistiese onteieningswet terug weens ‘foutiewe prosedure’

Terwyl die kommunistiese leier en minister van openbare werke, Jeremy Cronin (foto hier bo), druk toepas dat die ANC se radikale onteieningswet so gou moontlik gepromulgeer word, het president Jacob Zuma dit weer terug na die parlement verwys. Die wet, waarmee enige eiendom feitlik na willekeur onteien mag word, sal Suid-Afrika op die pad van

Lees verder: Zuma stuur kommunistiese onteieningswet terug weens ‘foutiewe prosedure’

Demokrate se byeenkoms in chaos gehul

Die Amerikaanse Demokratiese Party is in chaos gehul, op die vooraand van hul byeenkoms. Nadat Wikileaks e-posboodskappe laat uitlek het wat daarop dui dat die party se nasionale voorsitter, Debbie Wasserman Schultz (foto bo), stemmery beïnvloed het namens Hillary Clinton, moes Wasserman Schultz uittree. Die Demokrate se nasionale komitee het senator Bernie Sanders intussen om

Lees verder: Demokrate se byeenkoms in chaos gehul

Kaapse rampbestuur op hoë gereedheidsgrondslag

Rampbestuurspanne in Kaapstad is op hoë gereedheidsgrondslag te midde van gure weer wat van vandag af verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dit is die eerste van ‘n reeks kouefronte wat die week oor die Skiereiland sal beweeg. Swaar reën, sterk wind en snerpende koue is Kapenaars se voorland. Tot dusver is geen berigte van

Lees verder: Kaapse rampbestuur op hoë gereedheidsgrondslag

Kinderpornograaf se saak uitgestel

‘n Drie-en-veertig-jarige man wat teregstaan op 935 aanklagte – wat verkragting van minderjariges, kinderpornografie en seksuele aanranding insluit – se saak is in die Bloemfonteinse Hooggeregshof uitgestel. Die Vrystaatse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê die saak is uitgestel tot 1 Augustus. Die verdagte, ‘n man van Johannesburg wie se naam nie bekend

Lees verder: Kinderpornograaf se saak uitgestel

Grondwetlike krisis dreig in Limpopo

‘n Grondwetlike krisis dreig in Limpopo nadat Vuwani-inwoners beloof het om die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) te verhoed om die 2016 munisipale verkiesings in die geweldgeteisterde gebied te hou. Eindelose geheime vergaderings, wat daarop gemik was om ‘n oplossing vir die voortdurende krisis te vind, het in duie gestort met geen ooreenkoms wat nog bereik

Lees verder: Grondwetlike krisis dreig in Limpopo

Solidariteit gebruik anti-Steve, anti-Afrikaanse advokaat in ‘SAUK-4’-saak

Solidariteit en Afriforum, wat tans die hofsaak namens die sogenaamde “SAUK-4” hanteer, maak gebruik van die advokaat Steven Budlender, wat voorheen deel van die veldtog was om Steve Hofmeyr te keer om “Die Stem” te sing en sy hele loopbaan te ruïneer. Budlender het pro bono teen Steve Hofmeyr opgetree namens Conrad Koch, die hatige

Lees verder: Solidariteit gebruik anti-Steve, anti-Afrikaanse advokaat in ‘SAUK-4’-saak

Bomontploffing in Ansbach, Duitsland: 12 beseer

Met mevrou Angela Merkel wat Duitsland se grense vir Moslemimmigrante uit die Midde-Ooste oopgegooi het, is terreur besig om in die land handuit te ruk. Die jongste voorval is ‘n man “van Siriese afkoms” wat by Ansbach, naby Nürnberg, ‘n bom aan sy lyf laat ontplof het en 12 mense beseer het, waarvan drie in

Lees verder: Bomontploffing in Ansbach, Duitsland: 12 beseer

Die groot ironie: Max Price kanselleer meningsvryheid-lesing by UK

Die ironie kan nie groter wees nie. ‘n Spreker wat uitgenooi is om die jaarlikse akademiese meningsvryheidlesing aan die Universiteit van Kaapstad (UK) te lewer, is verhinder deur die Universiteit se Uitvoerende Raad. In Maart 2015 het die die Universiteit van Kaapstad se komitee besluit om Flemming Rose (foto hierbo), ‘n prominente aktivis vir die

Lees verder: Die groot ironie: Max Price kanselleer meningsvryheid-lesing by UK