‘n Aantal motors in Jeppestown, Johannesburg is verlede nag aan die brand gesteek in die voortslepende geweld teen buitelanders. ‘n Groot polisiesteenwoordigheid is in die gebied ontplooi om geweld te probeer bekamp. Die motors het vermoedelik aan Mosambiekse burgers behoort. Verskeie winkels in die Johannesburgse middestad is ook geplunder en gevandaliseer te midde van die
Swart ster wat Woolworths kritiseer se Britse konsert ontwrig
Swart musieksterre, Cassper Nyovest, Brickz en Kelly Khumalo moes vertonings in Brittanje kanselleer na dreigemente om hulle konserte te ontwrig. ‘n Woordvoerder van Elite Promotions, Ezra Sibanda, sê hulle het die konserte gekanselleer omdat die Britse polisie toestemming geweier het. Diegene met kaartjies vir konserte gekoop het, sal glo hulle geld terugkry. Nyovest het Woolworths
Lees verder: Swart ster wat Woolworths kritiseer se Britse konsert ontwrig
AgangSA sal menseketting om Krugerstandbeeld vorm
AgangSA het verklaar dat hulle ‘n menseketting om die Paul Kruger-standbeeld in Krugersdorp sal vorm om die beeld teen vandale te beskerm. Die beeld is Maandag met rooi verf beskadig. Lees verder:
Lees verder: AgangSA sal menseketting om Krugerstandbeeld vorm
SA koop hardeware, kos, drank, tabak
Kleinhandelverkope in Suid-Afrika het almal verras, het RSG berig. Dit het in Februarie met vier persent teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar toegeneem. Die syfer is beter as wat verwag is. Kleinhandelverkope het die afgelope twee maande teleurgestel. Dit het in Desember gedaal en in Januarie effens herstel. Statistieke Suid-Afrika sê die grootste stygings was
Dalai Lama beskuldig dat hy volgelinge aanhits tot immolasie
Die Chinese regering beskuldig die Dalai Lama daarvan dat hy sy volgelinge in Tibet opsweep om hulself te verbrand. Die regering het gister ’n verklaring uitgereik waarin die 79-jarige leier daarvan beskuldig word dat hy sy volgelinge manipuleer. Volgens die International Campaign for Tibet het 113 mans en 24 vroue hulself al sedert Maart 2011
Lees verder: Dalai Lama beskuldig dat hy volgelinge aanhits tot immolasie
Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente
Winkels in buitelandse besit in Johannesburg se middestad het begin om hul deure te sluit ná gerugte dat ‘n skare dreig om op ‘n plunderveldtog te gaan. Nuus24 berig dat die meeste winkels op Breëstraat reeds gesluit is. Eyewitness News het getwiet dat daar dreigemente van geweld in die sentrum Johannesburg is en sommige winkels
Lees verder: Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente
MK dreig Vavi met dood
‘n Lid van Umkhonto we Sizwe Militêre veterane in Limpopo dreig om die geskorste Cosatu-sekretaris generaal Zwelinzima Vavi te vermoor, het Nuus24 berig. Ondervoorsitter van die veterane-organisasie, Jack Lulamile, het aan vakbondverteenwoordigers gesê hulle moet vir Vavi sê Lulamile Jack, Chris Hani se voormalige lyfwag, gaan hom vermoor omdat hy Cosatu verraai het. Lulamile en
Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan
Eskom het aangekondig dat hulle Fase 1-beurtkrag en kragvermindering van 06:00 vanoggend tot 22:00 vanaand sal toepas. Dit volg nadat Eskom gister Fase 2-beurtkrag rondom 16:00 gistermiddag tot Fase 3-beurtkrag verhoog het. Fase 3-beurtkrag is Dinsdag omstreeks 16:00 in werking gestel. Die energieverskaffer sê in ‘n verklaring dat die inwerkingstelling van Fase 3-beurtkrag duidelik wys
VN spreek kommer uit oor xenofobiese geweld
Die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap het sy kommer uitgespreek oor voortslepende xenofobiese geweld in die land. Nog twaalf mense is intussen in hegtenis geneem in Durban vir openbare geweld waarin vyf mense reeds omgekom het. Die plundery het Dinsdag na die Indiërbuurt Verulam uitgebrei. Die Vlugtelingagentskap het berigte van buitelanders landwyd ontvang wat sê dat
Geweld breek weer by Medupi uit
Geweld het uitgebreek tussen die polisie en stakende konstruksiewerkers van die Medupi-kragaanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo, het RSG berig. Pantservoertuie en waterkanonne is ook ingebring. Dit volg nadat polisie en werkers slaags geraak het by hostelle in die Marapong-township waar strate opnuut versper is en busse verhoed word om werkers op te laai. Motors
