N.a.v. Dan Roodt se Die uil van Minerva: Bravo! Fantasties gestel en asemrowende leierskap. Ek wil so graag saam gesels maar my oge is vol trane omdat ek vir die eerste keer in my lewe hoop kry vir ons kinders in hierdie land. Wanneer die uil sy vlerke sprei in die skemerte!
Lees verder: Dan Roodt se planne oor Pretoria maak my opgewonde

Dis al lank dat ek hardop dink oor SA se siektes en gebreke, lank dat ek probeer om dit te identifiseer, te formuleer en dan my gevolgtrekkings in logiese formaat te rangskik. My slotsom ruk tot in my binneste: Suid-Afrika sál tot niet gaan.