ANC beskuldig Zille van misleiding

Lynne Brown, Helen Zille se voorganger, het in ’n verklaring gesê: “Premier Zille is nou weer opsetlik misleidend.” Die ANC het Zille daarvan beskuldig dat sy besig is met kafpraatjies oor 'n grondsamesweringsteorie.

Dit kom nadat Zille Vrydag aangekondig het dat provinsiale grond, ’n dag voor die verkiesing, met duistere bybedoelings deur die ANC aan die Behuisingsontwikkelingsagentskap oorgedra is.

Die voormalige ANC-beheerde Wes-Kaapse regering het die oordrag van 1 000 ha behuisingsgrond op 21 April aan die nasionale regering onderteken. Die grond is sowat R500 miljoen werd en is groot genoeg vir byna 100 000 huise.

Die grootste gedeelte van die grond is in die Kaapse metropool in Constantia, Joostenbergvlakte, Ravensmead, Belhar, Charlesville, Plumstead, Southfield, Philippi en Kleinvlei. Die res is in Hartenbos en George.

Brown het die vraag aan Zille gestel of “sy eerder die grond vir iets anders as behuising vir die armes wou gebruik?” in reaksie op Zille se aantygings dat die ANC duistere motiewe met die oordrag gehad het.

Brown wou vervolgens weet of Zille beplan het om die grond aan ontwikkelaars te verkoop. Die oordragtransaksies kon nie in die geheim geskied het nie, volgens Brown, omdat dit in die laaste twee begrotings van die nasionale minister van behuising in die parlement geopper is.

Whitey Jacobs, voormalige LUR vir behuising, het gesê hulle het nog nooit ’n geheim gemaak van die N2-behuisingsprojek nie. Hy het gesê “Die DA wil nie . . . geïntegreerde gemeenskappe hê waar voorheen benadeelde mense toegang tot geleenthede en geriewe het nie.”

live american rouletteДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae