Olaf Zimmermann, voorsitter van die Kultuurraad het gesê dit sal 'n fout wees om Hosni te kies. Zimmermann het gesê hy glo nie dat Hosni kultuurdiversiteit, een van UNESCO se ideale, sal bevorder nie
Hosni is 'n kunstenaar van beroep en is sedert 1987 Egipte se kultuurminister. Hy is 'n liberale stem in Egiptiese politiek en is bekend daavoor dat hy gekant is teen hoofbedekkings vir Egiptiese vroue. Hy het verlede jaar verklaar dat Israeliboeke in Egiptiese biblioteke verbrand behoort te word.
Charlotte Knobloch, hoof van die Joodse Raad in Duitsland, het in 'n radio-onderhoud gesê Hosni is duidelik anti-Semities en anti-Joods en moet "gediskwalifiseer"word vir die posisie.
Die kwessie het egter gekompliseerd geraak nadat die Israelse koerant Haaretz nuus gelek het wat daarop dui dat Isreal se konserwatiewe eerste minister Benjamin Netanyahu ingestem het om Hosni se kandidaatskap te ondersteun in 'n geheime ooreenkoms met die Egiptiese president Hosni Moebarak.
