SAUK kanselleer weer Zapiro-uitsending

ImageDie SAUK het vir die tweede keer 'n dokumentêre uitsending gekanselleer wat sou handel oor politieke satire.

Special Assignment is in April voor die verkiesing ook gekanselleer. Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het in 'n verklaring gesê oorlegpleging is nog nie afgehandel nie.

Gisteraand is die uitsending 'n uur voordat dit sou begin gekanselleer. Gab Mampone, waarnemende hoofredakteur, moet 'n finale beslissing oor die kwessie gee, het hy gesê en verskoning aangeteken by die publiek vir die ongerief.

Die uitsending sou Jonathan Shapiro, ook bekend as Zapiro, wat deur president Jacob Zuma gedagvaar word vir 'n beweerde leuenagtige spotprent waarin Zuma Jusitia verkrag, insluit. Die weergawe wat Dinsdagaand om 8:30nm sou vertoon word, is glo bygewerk.

Dit sluit tans 'n onderhoud met Zapiro in waarin hy verduidelik waarom hy die stortkop wat hy graag op Zuma se kop teken in sy spotprente, verwyder het.

осушитель воздуха ценаФільчаков Олександр Васильович