Die koerant, The Times of Swaziland, het gevra dat mense voorstelle doen om MIV-Vigs te bestry asook hoe om spraakvryheid te bevorder nadat Timothy Myeni aan sy kollegas in die parlement gesê het dat alle Swazi's vir MIV-Vigs getoets behoort te word.
Indien mense positief toets, moet hulle agterstewes gemerk word, het die parlementslid gesê. "Ek het 'n oplossing vir die virus. Die oplossing sal kom as 'n wet gemaak word wat dit verpligtend maak om getoets te word vir MIV."
"Voor die seksdaad, sal mense eers op die agterstewe van hul maat nagaan, voordat hulle op hul missie gaan," het die koerant hom aangehaal.
Swaziland is een van die wêreld se armste lande, met die hoogste MIV-voorkoms en wat deur 'n absolute monarg koning Mswati III regeer word.
Miyeni, wat 'n gewilde gospelgroep lei, het intussen verskoning aangeteken vir sy gedagte om agterstewes te brandmerk, maar hou voet by stuk dat almal getoets behoort te word vir MIV.
Lesers se kommentare oor die aangeleentheid sal glo volgende Dinsdag gepubliseer word.
