Rand daal n? swak BNP-syfer

Die rand het met ongeveer 'n halwe persent teen die vernaamste geldeenhede gedaal ná die swak BNP-syfer wat vanmore vrygestel is. Suid-Afrika se reële bruto nasionale produk het met -6,4 persent gedaal in die eerste kwartaal vanjaar, teenoor -1,8% in die vierde kwartaal van 2008.

Hiermee verkeer die land dus vir die eerste keer in 17 jaar amptelik in resessie. Ekonome voorspel nou verdere verlaging in rentekoerse van 100 basispunte of een persent deur die Reserwebank in 'n poging om die ekonomiese inkrimping te stuit.

Die rand het van R8,25 per dollar tot R8,40 verswak, maar handelaars verwag nie verdere dalings totdat die Reserwebank sy monetêre komitee later vandeesweek sy rentekoersbesluit aankondig nie.

Veral mynbou en vervaardiging is swaar deur die globale resessie getref en het onderskeidelik met 32,8% en 22,1% afgeneem. Ook die bankwese het verlangsaam. 'n Ekonoom van Stanlib, Kevin Lings, meen dat die afname in die BNP vir die volle jaar tussen 1,5% en 2% gaan wees.

Die verswakking is oor 'n breë front sigbaar en is verlede jaar deur die oplewing in die landbousektor verdoesel, maar vandag se syfer toon duidelik dat Suid-Afrika hom nou by die res van die wêreld aangesluit het en in 'n erge resessie verkeer.

casino noОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae