Steve vandag voor oor spoed

Die mees gewilde Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr sal vandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en oorskryding van die algemene spoedgrens. Tydens ‘n vorige verskyning, het hy gesê hy wil die saak buite die hof skik. Hofmeyr is op die aand van 19 Desember in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem, en

Lees verder: Steve vandag voor oor spoed

Vuil water ons voorland, waarsku TLU

Die President van TLU SA, mnr. Louis Meintjes waarsku dat die land afstuur op ‘n situasie dat die krane in die huise wel water sal lewer, maar dat daardie water totaal onbruikbaar sal wees. “As die Staat homself as die beskermer van die water wil aanstel, moet hy ook toesien dat hy daardie rol vervul.

Lees verder: Vuil water ons voorland, waarsku TLU

Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het

Die Malawiese president Joyce Banda het verlede jaar haar luukse straler verkoop om sleutelskenkers soos Brittanje gelukkig gehou. Die straler is glo gekoop deur ‘n prominente Suid-Afrikaanse wapengroep, maar Banda gebruik steeds die vliegtuig sonder enige koste. Die Dassault Falcon 900EX is gekoop deur Bohnox Enterprises, ‘n firma wat in die Britse Maagde-eilande geregistreer is.

Lees verder: Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het

Antraks-skok by Sanral

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moes sy hoofkantoor in Midrand Dinsdag ontruim  na na ‘n vermeende antraks-aanval. Die Tshwane-eenheid vir gevaarlike stowwe (Hazmat) is na die toneel geroep nadat ‘n “verdagte koevert met ‘n wit stof ” op die perseel gevind is, het die uitvoerende hoof Nazir Alli gesê. “Ons weet nie wat dit is nie,”

Lees verder: Antraks-skok by Sanral

IMF: SA-ekonomiese groei afwaarts aangepas

Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal volgens die Internasionale Monetêre Fonds se vooruitskatting vanjaar met 2,8% groei. Die IMF het in sy verslag oor groeivooruitsigte vir die jaar Suid-Afrika se groei afwaarts aangepas van sy vorige projeksie van twee komma nege persent. Groei in ander ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë sal na verwagting vanjaar tot vyf komma

Lees verder: IMF: SA-ekonomiese groei afwaarts aangepas

Swaarlywige swart nasionalis Mazibuko soek steun

Die swaarlywige parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko, hou gewis nie van Afrikaners nie en sy sê dit hardop. Die DA gaan ongetwyfeld skrille Afrikanerhaat en anti-wit regstellende aksie as ‘n deurlopende tema in die komende verkiesing aanwend, met waarskynlik verdere funeste gevolge vir misdaad teen wittes en plaasmoorde. Mazibuko het onomwonde tydens ‘n

Lees verder: Swaarlywige swart nasionalis Mazibuko soek steun

Snowden vrees vir sy lewe na openbare doodsdreigemente

Edward Snowden se Russiese regsverteenwoordiger het Dinsdag gesê die voortvlugtige Amerikaner vrees vir sy lewe. Openbare doodsdreigemente is onlangs deur ongeïdentifiseerde Pentagon-beamptes gemaak. Volgens die asielsoeker se regsverteenwoordiger Anatoly Kucherena word Snowden deurentyd deur veiligheidswagte vergesel en oorweeg hy maatreëls om sy veiligheid op te skerp. “Daar is werklike dreigemente op sy lewe daar buite wat beslis bestaan,”

Lees verder: Snowden vrees vir sy lewe na openbare doodsdreigemente

Regering wil gesprekke oor platinum-loondispuut fasiliteer

Adjunk-president Kgalema Motlanthe het Dinsdag gesê die regering sal wanhopige gesprekke tussen Amcu en platinummaatskappye Woensdag fasiliteer om te verhoed dat ‘n staking die brose sektor lamlê en verdere skade aan die land se reputasie aanrig. Die minister van Arbeid, Mildred Oliphant voer vandag namens die regering samesprekinge met mynmaatskappye en vakbonde in aanloop tot

Lees verder: Regering wil gesprekke oor platinum-loondispuut fasiliteer

Anargie, geweld, winste as Amcu-staking misluk

Die komende staking by platinummyne deur die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) by die platinum- en goudprodusente kan tot geweld lei, skryf ‘n arbeidskenner Jan de Lange in Sake24. De Lange sê omstandighede by die platinummyne van Anglo American Platinum, Impala Platinum (Implats) en Lonmin, is uniek en verskil van dié by goudmyne.

Lees verder: Anargie, geweld, winste as Amcu-staking misluk