Stakers by Broodekraallandgoed kry hofbevel om te bly

Die Moorreesburgse landdroshof het beslis dat ‘n groep stakende plaaswerkers van Moorreesburg wat na bewering onwettig van ‘n plaas gesit is, heraangestel en toegelaat word om na hulle blyplekke terug te keer. Die tydelike bevel volg na ‘n aansoek van 145 werkers van die Broodekraallandgoed wat deur die JF le Roux-groep besit word. ‘n Woordvoerder

Lees verder: Stakers by Broodekraallandgoed kry hofbevel om te bly

Afrikaans al hoe meer verwaarloos by Stellenbosch

Ek het onlangs die volgende oor Willie Esterhuyse berig: “Hy verkwalik Leopold Scholtz omdat laasgenoemde twyfel uitgespreek het oor die mate waarin Russel Botman die heil van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch bevorder” (Praag 10 deser). ‘n Brief van Geen Grys Skoene van Stellenbosch, wat pas in Die Burger (18 deser, p 10) gepubliseer is,

Lees verder: Afrikaans al hoe meer verwaarloos by Stellenbosch

Onderwyser voor na 13-jarige verkrag is

’n Onderwyser van Noordwes sal na verwagting vandeesweek in die Lehurutshe-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ’n 13-jarige leerling verkrag het. Die leerkrag van Dinokana naby Zeerust sal Dinsdag in die hof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek, het kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, Maandag gesê. Op 6 November het hy glo die meisie gevra om na

Lees verder: Onderwyser voor na 13-jarige verkrag is

Nog koue vir Kaap, skade aan oeste beloop miljoene

Agri Wes-Kaap meen die vloedskade in die provinsie kan miljoene rande beloop. Carl Opperman, bestuurshoof, sê hulle is besig om met boere te praat oor die skade wat op die onderskeie plase aangerig is, berig RSG. Hy sê sommige boere in die Boland- en Overbergstreke het tot 90% van hul oeste verloor. Vrugte- en graanoeste

Lees verder: Nog koue vir Kaap, skade aan oeste beloop miljoene

Motlanthe se Chinese ere-graad moet wag

Die departement van internasionale betrekkinge het versoek dat ’n eerbetoon aan adjunkpres. Petrus Kgalema Motlanthe tydelik teruggetrek word. Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het gesê dié besluit is geneem omdat interne en diplomatieke konsultasies nie betyds afgehandel is nie. “Dit is verkeerd om te beweer dat die eerbetoon teruggetrek is. Dit is slegs uitgestel

Lees verder: Motlanthe se Chinese ere-graad moet wag

Sonja Laxton ernstig beseer in tref-en-trap

Die oud-Springbok- Sonja Laxton is ernstig beseer in ’n tref-en-trap-ongeluk in Johannesburg. Sy is in Melrose by ’n verkeerslig deur ’n voertuig getref wat ’n rooi verkeerslig verontagsaam het. Laxton (nooiensvan Van Zyl) was in haar kinderjare ’n inwoner van Oudtshoorn en was van sub A tot standerd 4 ’n leerling van die Laerskool Van

Lees verder: Sonja Laxton ernstig beseer in tref-en-trap

Noodlynsentrum weier hulp na moord

Die polisie se 10111-noodlynsentrum het versuim om ‘n gestremde man te help nadat sy vrou in hul huis in Durban vermoor is. Edda Botha is vroeg Saterdagoggend in haar huis in Athlone Park doodgeslaan, berig die Sunday Tribune. Die egpaar se bure het toe reageer op oproepe van Botha se man. Richard Allkins van die Amanzimtoti-misdaadvoorkomingsorganisasie

Lees verder: Noodlynsentrum weier hulp na moord

Regseise van R3,7 miljard teen Gauteng gesondheid

Regseise van tot R3,7 miljard is teen die Gautengse departement van gesondheid ingedien, het die die DA Sondag gesê. Dít is die bedrag wat die provinsie se komitee oor openbare rekening verlede week gegee het, het Jack Bloom, DA-koukusleier in Gauteng, in ‘n verklaring gesê. “Die bedrag het gestyg van R2,7 miljard se regseise teen

Lees verder: Regseise van R3,7 miljard teen Gauteng gesondheid

Span van 22 versorg Mandela

Die kamer waar hy behandel word in oudpres. Nelson Mandela se huis in Houghton, lyk soos ‘n hoësorgeenheid, het Winnie Madikizela-Mandela, sy gewese vrou, gesê. Madikizela-Mandela het gesê die voormalige staatshoof is steeds siek, berig die Sunday Independent. Sy het gesê Mandela kan ook weens die pype in sy mond nie meer praat nie. Dié pype

Lees verder: Span van 22 versorg Mandela

Voormalige polisieman ontvoer kind, eis R1,5 miljoen losprys

‘n Voormalige polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n negejarige seun van Lyttelton Manor in Pretoria. Die man wat voorheen ‘n konstabel was by Lenasia se Speurtak vir handelsmisdaad, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat die seun Dinsdag by sy laerskool vermis geraak het. Hy het ‘n losprys van

Lees verder: Voormalige polisieman ontvoer kind, eis R1,5 miljoen losprys