‘n Voormalige polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n negejarige seun van Lyttelton Manor in Pretoria.
Die man wat voorheen ‘n konstabel was by Lenasia se Speurtak vir handelsmisdaad, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat die seun Dinsdag by sy laerskool vermis geraak het.
Hy het ‘n losprys van R1,5 miljoen van die seun se ouers geëis wat hy later na R250.000 en ‘n motor, verminder het.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn. – RSG

Hierdie voormalige ‘ polisiebeampte ‘ is duidelik DOM, seker nog ‘n agtergeblewene ook. Mens kan ook net dankie sê die skurk is aangekeer.
Ongelukkig loop daar baie van hulle in die huidige SAPD rond en gebruik die mag net vir ‘n veilige afspring plek om misdaad vanaf te pleeg.
Mense hier is die antwoord vir die ANC polisie se snaakse
manier van “Dien en beskerm”
Die land word mos beheer en regeer deur kriminele
sindikate ooral oor – en die polisie is die indiens opleiding vir die kriminele.