Die polisie se 10111-noodlynsentrum het versuim om ‘n gestremde man te help nadat sy vrou in hul huis in Durban vermoor is.
Edda Botha is vroeg Saterdagoggend in haar huis in Athlone Park doodgeslaan, berig die Sunday Tribune.
Die egpaar se bure het toe reageer op oproepe van Botha se man.
Richard Allkins van die Amanzimtoti-misdaadvoorkomingsorganisasie het gesê daar was ‘n argument, omdat die operateur nie iemand wou uitstuur sonder dat hulle die presiese besonderhede oor die slagoffer en haar beserings weet nie.
“Ons het uiteindelik ‘n polisievoertuig, wat op roetine-patrollie was, voorgekeer. Hulle kon nie glo dat hulle nie onmiddellik na die toneel gestuur is nie.”
Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het ‘n beroep gedoen op “diegene wat die bewerings maak” om na vore te tree, sodat ‘n ondersoek gedoen kan word. – Sapa

Dis nie net betreurenswaardig nie, dis meer as skandalig. Wat word van die mensdom, van omgee in ‘n tyd van nood, nog meer, waar ‘n persoon vermoor is.
Angela, geld het meer belangrik geword as bloot net “omgee” Jy is rug dit is betreuerenswaardig
Nonsens! Geld het niks hiermee te make nie. Dis blote rasse-haat, nie eers rassisme nie. Laasgenoemde kan beteken om ‘n individu of groep se vermoë om te presteer, in twyfel te trek op grond van velkleur. Rasse-haat daarenteen is die uitvoering- of bevordering van die uitwissing van ‘n persoon/groep op grond van velkleur. Hierdie skakelbord operateurs wat opsetlik toegang tot nooddienste verhinder op grond van ras van die slagoffer(s), is hieraan skuldig. Die lippediens van die polisie-woordvoerders in sulke gevalle, is net dit! Indien laasgenoemde nie waar was nie, sou ek graag dat die SAPS my wys hoe slegs een van hierdie medepligtig-aan-moord rasse-haters die hof binnegelei word om tereg te staan op aanklagte. Duidelik is daar in hierdie geval ook nie tekort aan getuies nie! Ek glo egter nie ons hoef verder ons asems op te hou hiervoor nie.
Dankie Matewis, goeie punt
Dit gaan oor wie die oproep beantwoord en wie die oproep gemaak het. Ek het gehoor dat sommige swartes wat die boodskap ontvang om deur te gee doelbewus die boodskap verkeerd deurgee indien hulle nie van die ras hou wat in nood is nie. Hulle gee of verkeerde of nie volledige adresse deur nie. Die fiktiewe adresse word so in die VB, of voorvalle boek genoteer, daar kan dus nie teen hulle opgetree word nie.
De ‘etnische schoonmaak/suiwering’ heeft vele gezichten maar telkens hetzelfde resultaat.
Net soos in die hospitale. Blankes word nie gehelp nie. Ek het gesien wat gebeur. Hulle wil ons dood he.
GDB
Afgesien van wat hier werklik gebeur het, die stelsel moet tog so wees dat enige sodanige geval agterna presies nagegaan kan word, tekorte in die stelsel vasgestel kan word en oortreders gestraf kan word. Dit werk wel so as ek my bank of versekeringsmaatskappy bel.