
Die Moorreesburgse landdroshof het beslis dat ‘n groep stakende plaaswerkers van Moorreesburg wat na bewering onwettig van ‘n plaas gesit is, heraangestel en toegelaat word om na hulle blyplekke terug te keer.
Die tydelike bevel volg na ‘n aansoek van 145 werkers van die Broodekraallandgoed wat deur die JF le Roux-groep besit word.
‘n Woordvoerder van die Bawusa-vakbond, Nosey Pieterse, sê die groep is afgedank nadat hulle aan ‘n staking deelgeneem het oor ‘n eensydige verandering in hulle werksvoorwaardes.
‘n Woordvoerder van die Le Roux-groep sê bewerings van onwettige uitsettings is onwaar.
Die groep het kennis gegee dat hulle die tydelik bevel sal teenstaan.
