praag.co.za

Onderwyser voor na 13-jarige verkrag is

Written by

in

,

rape8’n Onderwyser van Noordwes sal na verwagting vandeesweek in die Lehurutshe-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ’n 13-jarige leerling verkrag het.

Die leerkrag van Dinokana naby Zeerust sal Dinsdag in die hof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek, het kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Op 6 November het hy glo die meisie gevra om na skool te bly, waarna hy haar na die skool se toilette geneem en glo verkrag het.

Makau het gesê die meisie is na ’n hospitaal geneem, waar daar vasgestel is dat sy verkrag is.

Die skoolhoof het die volgende dag die leerkrag na ’n polisiekantoor geneem. Hy is steeds in aanhouding. -Sapa

Comments

15 responses to “Onderwyser voor na 13-jarige verkrag is”

  1. Angela Avatar
    Angela

    Geen salf te smeer aan verkragters, geen hoop op rehabilitasie. Hou hom maar toegesluit.

    1. JAVR Avatar
      JAVR

      Ek weet darem nie Angela? Vicks aangewend kan nogal interessant wees, nie?

      1. Angela Avatar
        Angela

        Ander voorstel javr? Petroleumjellie?

        1. JAVR Avatar
          JAVR

          Neeeeee want dit sal die teenoorgestelde uitwerking hê! Hy moet WEET hy het salf aangesmeer! Dalk miskien deepheat ook!

          1. Angela Avatar
            Angela

            Klink na ‘n pynlike proses maar ek stem saam met jou. of hom in die openbaar los met heuning gesmeer op ‘n miershoop.

          2. JAVR Avatar
            JAVR

            Ohhhh dit klink interessant!

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Sny sy goeters af.

  3. JAVR Avatar
    JAVR

    In plaas van onnuttige tale leer as vak moet kinders selfverdediging klasse gegee word om sulke dinge te verhoed! As die meisie geweet het haar knie is die beste wapen vir so orige ding dan was hierdie berig nie in die koerant as verkragting nie maar “onderwyser verloor sy kanse op verwekking van kinders vir ewig”

    1. Guest Avatar
      Guest

      Jy meen nuttelose tale?

      1. JAVR Avatar
        JAVR

        Doodreg Gas! Sal ek nou sommer nuwe woorde in ons taal sit nê! Miskien moet ek vir tale gaan? Hie hie

        1. Gas Avatar
          Gas

          Hahaha! Mooi man. 🙂

          Nie alle sinonieme is nuttig nie. Onnuttig langs nutteloos is onnodig. Nie? 😉

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Hmmm – Oeps jy nou ook vir gatis doktergraad 😉

          1. JAVR Avatar
            JAVR

            Yip hoe het jy geraai!

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Ag man Gas dit beteken tog dieselfde 😉

        1. JAVR Avatar
          JAVR

          Nee Riempies, dit beteken toe nie dieselfde nie!!! Vrek alleen weet wat onnutige beteken!! hie hie. Duim is PLAT gesuig aan daai woord!

Leave a Reply