praag.co.za

Afrikaans al hoe meer verwaarloos by Stellenbosch

willie
Willie weet nie…

Ek het onlangs die volgende oor Willie Esterhuyse berig: “Hy verkwalik Leopold Scholtz omdat laasgenoemde twyfel uitgespreek het oor die mate waarin Russel Botman die heil van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch bevorder” (Praag 10 deser). ‘n Brief van Geen Grys Skoene van Stellenbosch, wat pas in Die Burger (18 deser, p 10) gepubliseer is, lui in sy geheel soos volg:

“Wanneer ‘n mens die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) google, staan daar: Die kern van die beleid: Die universiteit is verbind tot die gebruik en volgehoue ontwikkeling van Afrikaans.

“Die realiteit in die klaskamers is egter baie ver verwyderd van die beleid. In ‘n gesprek met opvoedkunde-studente wat vanjaar graad kry, vertel hulle dat in die vier jaar van studie tussen 75% en 80% van al hul onderrig in Engels plaasgevind het. Geologie-studente het opgemerk: ‘Jy kan nie droom om jou vraestel in Afrikaans te beantwoord nie, want baie van die dosente kom van oorsee en verstaan geen woord Afrikaans nie. Jy sal jou kanse om deur te kom, verongeluk as jy in Afrikaans antwoord.’

“‘n Nagraadse opvoedkunde-student was baie ontsteld dat ‘n opvoedkunde-dosent aan hul M.Ed-klas, wat hoofsaaklik uit Afrikaanssprekende onderwysers bestaan, gesê het hulle moet dit nie eens oorweeg om hul M.Ed-verhandelings in Afrikaans te skryf nie. Sy woorde was: ‘Don’t even consider it, it is not an option.’

“Prof. Russel Botman se positiewe wens dat die dogter van die plaaswerker dieselfde toekomsgeleenthede moet kry as die seun van die plaaseienaar, sal moeiliker realiseer wanneer studente van hul eerste jaar af by Maties in byna net Engels moet klasloop en kommunikeer.

“Wanneer gaan die US die realiteit van die praktyk in lyn bring met sy taalbeleid?

“Mense wat gerus is oor Afrikaans by die US is net soos liewe Lulu wat nie bekommerd was toe die stootwaentjie met haar baba daarin teen die afdraande afry nie, want sy het mos geweet dat daar onder ‘n stopteken is!”

Myns insiens het die US-rektor, Russel Botman, geen probleem met onderrig wat hoofsaaklik in Engels geskied nie. Die praktyk sal vorentoe nie in lyn met die huidige taalbeleid gebring word nie. Die teenoorgestelde gaan gebeur: Die beleid gaan in ooreenstemming met die praktyk gebring word.

Michael le Cordeur, die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, is ‘n dosent in die US se fakulteit opvoedkunde. Wat doen hy aan hierdie situasie? Wat doen ‘n oud-US-dosent soos Willie Esterhuyse vir Afrikaans, behalwe om Leopold Scholtz vir die waarheid te verkwalik? Wat doen ‘n huidige US-dosent soos Anton van Niekerk aan die situasie, behalwe om te bely dat hy Afrikaanssprekend is?

Leon Lemmer

Comments

32 responses to “Afrikaans al hoe meer verwaarloos by Stellenbosch”

  1. Riana Avatar
    Riana

    Dis die pot wat die ketel verwyt. Scholtz met sy ewige geteem dat Afrikaners soos Nazi’s is, doen ook geweldige skade. Hy is immers by die Afrikaanse mediamonopolie wat hierdie bekookte spul nooit tot verantwoording roep nie. Dis nou die linkse randeiers wat met mekaar baklei. Vir Afrikaans het nie een van die twee nog enige iets beteken nie. Die graf van vergetelheid roep daardie twee verraaiers

  2. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Gelukkig sal Rupert tot ons hulp kom??

    1. tmb Avatar
      tmb

      Mr Borman..are you sure ? I’ll believe it when I see it .

      1. Eric Bornman Avatar
        Eric Bornman

        tmb, Tongue in cheek……. hy dan getroud met n Rotschild en doen homself voor as die groot “Afrikaner”
        Was hy nie betrokke op n stadium by US nie?

  3. Leon Lemmer Avatar
    Leon Lemmer

    Ek moes ook gevra het: Wat doen ‘n US-raadslid soos Wannie Carstens? Waarom handhaaf al die dosente in die US se departement Afrikaans deur al die jare van die stryd om Afrikaans ‘n dwarende stilte?
    Leon Lemmer

    1. Leon Lemmer Avatar
      Leon Lemmer

      “dwarende” moet lees: dawerende.

    2. Rebel Avatar
      Rebel

      Leon, hulle is nie met hart en siel daar nie. Hulle is maar n spul dooielike ANC-amptenare wat hulself meestal met burokratiese rompslomp en snert besig hou. Die byvoordele is al wat werklik vir mense soos hullle saakmaak. Die toewyding aan n groter saak, wat altyd so spesiaal en kenmerkend van Stellenbosch was, het heeltemal verdwyn.

  4. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Die Universiteit is klaar in oorlewings mode en dit is dieselfde met die regering. Daar is ‘n oplossing maar dis asof mense nie meer aan oplossings glo nie. Die kerk sit met dieselfde probleem, baie moeilike situasie.

  5. Willem De Jager Avatar
    Willem De Jager

    As dit nie om my moedertaal gaan nie dan is daar vir my geen rede om by ‘n generiese Afrika-universiteit te wil studeer nie. Dan gaan swot ek veel eerder by ‘n hoog aangeskrewe Engelse universiteit in die beskaafde wereld waar ek nie minder of meer van ‘n vreemdeling sal wees nie maar met ‘n erkende opvoeding sal gradueer. Die gevoel van staatloosheid is besig om ‘n vreemde bevryding or my te begin bring.

    1. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      Goeie Punt

    2. Gas Avatar
      Gas

      Duitse Universiteit eerder. Baie hoër standaarde en beter toepassings

      1. Willem De Jager Avatar
        Willem De Jager

        Ja genau, aber wie viele Afrikaner Menschen sprechen doch wirklich Deutsch?

        1. Gas Avatar
          Gas

          Dit verg net leeskennis wat maklik is vir ons. Jy kan in sekere rigtings in Engels antwoordstelle doen

          1. Johann de Waal Avatar
            Johann de Waal

            Duits, soos ‘n gewone mens hom skryf, word minder uitdagend om uit te pluis indien jy goeie Afrikaanse taalkennis het (min Afrikaanssprekendes het egter). Maar gevorderde Duits, soos ‘n mens hom op universiteit benut, is ‘n gans ander storie.

            Daardie rigtings waarin jy in Engels kan studeer is boonop redelik beperk, nie net in verskeidenheid nie maar ook in die aantal studente wat toegelaat word. My lewensfilosofie is in elk geval dat ‘n mens die taal sal aanleer indien jy sou beplan om jou in ‘n vreemde land te vestig.

        2. Johann de Waal Avatar
          Johann de Waal

          Man braucht ja sogar nur Deutsch B2. Und am Anfang bekommt man auf jeden Fall Deutschunterricht, falls es gebraucht wird.

    3. Riempies Avatar
      Riempies

      Ek dink ook dit is die beste oplossing – met al die
      onbekwame BEE aanstellings wat meer in politiek belangstel en hulle besig mee
      hou om hulle onvermoee in hulle vakgebied te verskans – dink ek is dit werklik die
      beste opsie. Neem nou maar die voorbeeld van Mediese fakulteite – van
      hartoorplantings in die vorige bedeling – gedegenereer tot septiese teaters –
      met personeel wat nie noodwendig eers hulle hande was voor die tyd nie – deur
      die NSA standaarde – net so effektief soos die Duitse gaskamers.

  6. Koos Willeboer Avatar
    Koos Willeboer

    Afrikaans het op Stellenbosch bykans verwyn. Laat staan maar “verwaarloos”. As 80% van die onderrig in Engels is en studente bang is om vraestelle in Afrikaans te beantwoord, wat is daar nog wat “verwaarloos” kan word? Die huidige bestel in die land waarvan die situasie op Stellenbosch maar net ‘n simptoom is, is die skepping van Nasionale Pers van Keeromstraat. Leopold Scholtz wat ‘n instrument is van Keeromstraat, het ons dus alles behalwe wyshede oor die lot van Afrikaans mee te deel.

    1. Sjert Avatar
      Sjert

      Ek sou vir Flatwheel en sy bende wat die wittes in die algemeen en ons Afrikaners in besonder, uitverkoop het, in die eerste plek verantwoordelik hou vir die huidige toestand.
      Die ou spulletjie, hul destydse raadgewers, gebrekkige inligting en
      rondom-domgeit was die trol in die drinkwater wat tot die huidige en toekomstige treurmares lei.
      Is maar hoe dit is.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Hormone is n genadelose dryfveer – en as jy nog jou eie vrou moet “duck and dive” en aan jou base gehoor gee – kan mens sowaar net
        nie jouself nog bekommer oor soiets soos n onbelangrike grondwet nie. Ek glo tot ek anders bewys word dat dit Pik Botha en en Kissenger en Britanje se CIA is wat ons grondwet geskryf het met Pik Botha en langnek agterryer Meyer se hulp. Ons is te dodelik geskaakmat dat die agterlikes ons so kon skaakmat sonder die genoemdes se hulp.

        1. Sjert Avatar
          Sjert

          Nee wat Rieme.
          Daai hormone waarvan jy praat, het nie veel met die prys van eiers te make nie. (Amper sê ek die prys van hierdie ouens se eiers!)
          Ek dink ook nie dat hulle veertjies sulke visskriklike verwoede dryfkrag gahad het, dat hulle veel anties se appelkarre sou kon omkeer nie.
          Hoe ookal.
          Ek is nie deel van komplotter teorieë nie.
          Die spul was gewoon oningelig en rondom-dom. Tragies maar waar.
          Indien daar enige komplotte bestaan het, was dit beperk tot die “dryfkrag” en leiding wat veral deur die Russe en ander Oosbloklande verskaf is.
          Ek koop nie al daai komplottery nie.
          Die siele was gewoon onkapabel, oftewel te lig innie broek, soos my oom sê, wanneer hy na ‘n treurige skaapram verwys.

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Ek mag jou dalk gelyk gee as jy vir my kan
            verduidelik hoekom is Suid Afrika skielik as een onverdeelbare land gemaak in
            die grondwet tot wie se voordeel en tot wie se nadeel en hoekom?

          2. Sjert Avatar
            Sjert

            Ek kan/wil nie regtig al jou onduidelikhede probeer verduidelik nie. Ek’s maar self aan die onnosel kant.
            Was ons nie nog altyd, sedert Uniewording in 1910 en later in 1961 ‘n Republiek, oftewel ‘n unitêre staat nie?
            Ons was nog nooit ‘n federale staat nie, al het sommige siele sulke perdedrolle aan ons probeer smous. Hoofsaaklik agv ons kastige “onbuigbare” grondwet.
            Hierrie regime sal in die beste van Afrika gewoontes in iedere geval enige ding buig, breek of steel, soos die luste hulle mag beetpak.
            Eintlik het niks sedertdien verander nie, behalwe dat ons voormalige 4 provinsies in 9 provinsies verdeel is, of wat mens die goed ookal sou wou noem.
            So. Vir alle praktiese doeleindes steeds ‘n unitêre staat wat onverdeelbaar is, in my boeke.

          3. Riempies Avatar
            Riempies

            Botswana – Le Sotho – Swaziland bv was protektorate
            en die Suid Afrikaanse regering het toe ons n republiek geword het – alle swart volke van Suid Afrika die keuse gegee om onafhanklik te word. Die Zoeloes Xhosas
            Ndebeles Soetoes en nog n par ander het dit van die hand gewys terwyl Botsana Le Sotho en Swazieland onafhanklikheid aanvaar het. My vraag bly nogsteeds hoekom was dit nodig om die res van die land as een ononderverdeelbare land te wysig –
            Kom ek se jou om seker te maak dat die Afrikaner nie n “snowballs chance in hell” mag kry om weer op hulle eie te gaan nie. Moet dus nie vir my se dat daar nie n sameswering was om ons magteloos te hou ondergeskik aan die getalle van
            die swartes nie.

          4. Sjert Avatar
            Sjert

            Rieme
            Die BLS state was nog nooit deel van Suid Afrika nie. Hulle was nog heeltyd Britse Protektorate.
            So, ons kon hulle nie enige onafhanklikheid aanbied nie. Hulle was Britse eiendom. Fieniesh en klaar.
            Ander storie al die Zulu’s, Xhosa’s, Venda’s Suid Sotho’s, Tswana’s, ShangaanTsonga, Ndebele en whatever jy nog sou wou byvoeg, wat in hierdie droewe land woon.
            Hulle is/was nog altyd binne die 1910 Unie en later die 1961 Ribbebliek.
            Die getalle het toe, soos nou, teen ons getel.
            Traai Orania of stig jou eie kanton in die baai wat maar stillerig is, want hier gaan die nommers altyd te veel wees.
            Snik.

          5. Riempies Avatar
            Riempies

            Sjert ek moet toegee jy is vernuftige gimnas – daar
            waar jy is – ver van hier waar dit stil is.

            Stilte het ook sy nadele – mens dink soms te veel –
            terwyl julle daarver so besig is met allerande dinge dat julle nie tyd het vir
            so baie dink soos ons hier innie stiltes nie – gelukkig raak dit nou
            vakansietyd wanneer mens soms wens hier was darrem n verkeerslig of twee gewees ;-)))

            NS. Orania het nooit verkeersligte nodig nie en Orania is ook nie n hysie-by-die-see nie en kanton soos Orania…….. ons
            sinne het sommer vanself gebeur toe ons weer kyk was hy daar.

          6. Sjert Avatar
            Sjert

            Is reg so Rieme!
            Sê ek mos altyd.
            My kanton is waar my huis is!!!

  7. Rebel Avatar
    Rebel

    Hier is n paar reguit vrae: Wie gaan my antwoord? Waarom was die US destyds onder wit Engelssprekendes as “ten volle tweetalig” bemark? Waarom is die kwesbare posisie van Afrikaans nie met Nelson Mandela bespreek toe hy n eredoktersgraad van die US ontvang het nie? Waarom is nie-Afrikaanssprekende dosente aangestel? Waarom is “Afrikaanses” wat Engels verkies in die top-bestuur aangestel? Waarom word die term ‘Afrikaner’ ten alle koste op kampus vermy? Waarom het die oop gesprek/debat verdwyn op kampus? Waarom word groot Afrikaner-beleggings op kampus geïgnoreer? Waarom word die regte van gemarginaliseerde minderhede in SA geïgnoreer? Waarom word diversiteit hoofsaaklik aan velkleur gemeet? Waarom word daar hoofsaaklik na die VSA as rolmodel gekyk? Waarom word n strewe na die beste met elitisme en rassisme verwar? Waarom word daar nie gepoog om van ander kampusse se beleidsrigtings te verskil nie?

    1. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      Hulle bang ons…. julle moet stem anders kopm die Boere terug….. ons mag nie n wereld-moontheid word nie, dit was ook gepoog tydens die Apartheids jare, gaan lees meer oor die ware Eschel Roodie saak en wat hulle beoog het, pikkie, pienk lewer het dit gekelder……
      Ons en die gesamentlike kennis van die Afrikaner/Boer is teen hulle planne en die enigste ding wat staan tussen hulle en finale, verkargting van die land en sy mense asook minerale….

    2. Leon Lemmer Avatar
      Leon Lemmer

      Rebel, dankie vir jou sinvolle vrae en ook vir jou vorige regsinnige kommentaar op my skrywes. Aktiviste soos Desmond Tutu en Russel Botman misbruik veral Amerikaanse mode-idees, -woorde en -frase deur hulle sonder meer plaaslik te probeer toepas.
      Daar is in hierdie konteks veral twee groot verskille tussen die VSA en SA wat verswyg word: (1) Anders as die Amerikaanse swartes was die plaaslike swartes nooit slawe nie. (2) In die VSA is die swartes ‘n minderheidsgroep met ruim, beskermende minderheidsregte. In SA is die blankes ‘n minderheidsgroep sonder enige minderheidsregte. In werklikheid is die blankes die enigste plaaslike groep teen wie ingevolge die veelgeroemde grondwet tot in die oneindige gediskrimineer kan en moet word. Sodanig is die vrug van die “suksesvolle” grondwetlike onderhandelings.

      1. Rebel Avatar
        Rebel

        Dankie, twee goeie punte. Dit bevestig net wat ek lank reeds vermoed van Botman. Ons “suksesvolle onderhandelings” was verseker een groot klugspul. n Tragedie vir die Afrikaner. Selfbeskikking is die enigste hoop waaraan ons nog kan vasklou.

        Jou skrywes is puik Leon!

      2. Leon Lategan Avatar
        Leon Lategan

        Die kreupel grondwet maak nie voorsiening vir die regte van alle minderheden. FW de Klerk was tevrede met individuele regte. Die grondwet moet derhalwe gewysig word.

  8. Johann de Waal Avatar
    Johann de Waal

    Is dr. Roodt in die rondte? Ek wonder, hoe vorder die planne vir ‘n private, onafhanklike, vrye Afrikaanse universiteit (waar dit hom ook al mag vestig)?

Leave a Reply