Front Nasionaal dien verklaring by hof in om EFF-aansoek te steun

Hoewel die party reëlreg die teenoorgestelde politieke standpunte as die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) huldig, het Front Nasionaal ‘n verklaring by die Pretoriase Hoër Hof ingedien waarin die party die vermindering of afskaffing van die huidige verkiesingsdeposito steun. “Ons het ‘n regstreekse belang by die saak,” het dr. Dan Roodt, woordvoerder en onderleier van die party,

Lees verder: Front Nasionaal dien verklaring by hof in om EFF-aansoek te steun

Bodem boek II, 2: Die godeskemer

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem boek II, 1. Die aand wat ons vir ʼn laaste keer by Luigi se Le Amici bymekaar gekom het om te kyk hoe die wêreld vergaan, het Joachim Bekker vir ons vermaak met ʼn toespraak oor ʼn kondoom met swakplekke. Daar was twaalf van ons in die klein

Lees verder: Bodem boek II, 2: Die godeskemer

Potch-heksejag: Wat wil jy wees?

Deur Gerhard Venter Ek het op skool geleer dat as jy anti iets is, moet jy pro iets anders wees. Is Elma Smit en Adriaan Basson dan ondersteuners van pedofiele en allerlei ander afskuwelike perversies? Kom ek verduidelik. As jy pro-Amerikaans is, sou jy uiteraard pro-kapitalisties en pro-demokraties wees want hulle gee voor om die

Lees verder: Potch-heksejag: Wat wil jy wees?

Arbeidsontleder waarsku mynmaatskappye

‘n Arbeidsontleder, Terry Bell het mynmaatskappye gewaarsku om simpatiek te wees teenoor die lot van mynwerkers, het RSG berig. Lede van die vakbond Amcu het in Januarie begin staak. Hulle eis ‘n intreevlak-salaris van R12 500. Die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA), het samesperkings om die staking in die platinumsektor te beëindig, vir

Lees verder: Arbeidsontleder waarsku mynmaatskappye

Ierse wedder moet Oscar-advertensie afhaal

Die Britse advertensie-reguleerder het die Ierse beroepswedder, Paddy Power beveel om sy omstrede advertensie oor Oscar Pistorius in Brittanje te onttrek. Die groep se advertensie beeld ‘n Oscar-toekenning uit wat met Oscar Pistorius verband hou. Duisende klagtes het ingestroom nadat die maatskappy ‘n veldtog gevoer het om mense op die uitslag van die Pistorius-moordverhoor te laat

Lees verder: Ierse wedder moet Oscar-advertensie afhaal

DA wil buitelanders in SA se sekuriteitsbedryf hou

Die DA en VF+ staan die nuwe klousule teen wat buitelandse eienaarskap in die privaatsekuruteitsbedryf beperk. Dié partye sê dit sal “werkloosheid” meebring. Die wetgewing is daarop gemik om strenger regulering in die privaatsekuriteitsbedryf toe te pas. Daar is meer lede in dié bedryf as in die weermag en polisie saam. Die Nasionale Raad van

Lees verder: DA wil buitelanders in SA se sekuriteitsbedryf hou

Eskom roep nuwe noodtoestand uit, beurtkrag kom

Eskom het ‘n beroep op die publiek gedoen om kragverbruik te verminder, nadat die kragvoorsiener ‘n nuwe noodtoestand uitgeroep het. Eskom het Donderdagoggend opnuut ‘n noodtoestand verklaar en gewaarsku dat hulle genoodsaak sal wees om beurtkrag toe te pas. ‘n Woordvoerder van Eskom, Andrew Etzinger sê steenkool-voorrade is glo nat na sewe dae se swaar reëns.

Lees verder: Eskom roep nuwe noodtoestand uit, beurtkrag kom

Zuma geboe ná Bafana-neerlaag teen Brasilië

President Jacob Zuma is gisteraand weereens geboe toe hy op die sokkerveld van die ENB-stadium stap na afloop van die wedstryd tussen die SA span en Brasilië. Zuma is uitgejou en geboe toe sy naam aangekondig is tydens die seremonie ná die wedstryd. Brasilië het die wedstryd teen Bafana Bafana maklik met 5-0 gewen. Zuma

Lees verder: Zuma geboe ná Bafana-neerlaag teen Brasilië

Reusegrondeis kom teen Pretoria

Meer as 700.000 swartes wat beweer hulle is afstammelinge van ‘n Ndebelekoning Tshwane sê die eienaarskap van Pretoria – waar die setel van die regering, die Uniegebou geleë is – kom hulle toe. Die stad van 687.54km² en setel van nasionale staatsdepartemente, is die Afrikanererfenishoofstad met die Voortrekkermonument wat daaroor uittroon. Een van die grootste

Lees verder: Reusegrondeis kom teen Pretoria

Koeberg toets noodplan

Die Kaapstadse Nooddienste het inwoners wat in die omgewing van die Koebergkernkragsentrale woon gemaan dat noodoefeninge gehou gaan word. Inwoners is gewaarsku dat die kernkragsentrale se noodsirenes Woensdag getoets sal word. ‘n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes van die Nooddienste het ‘n beroep op inwoners gedoen om nie paniekerig te raak nie. Die noodsirenes sal teen omstreeks

Lees verder: Koeberg toets noodplan