Potch-heksejag: Wat wil jy wees?

Hirschfeld se materiaal
Hirschfeld se materiaal

Deur Gerhard Venter

Ek het op skool geleer dat as jy anti iets is, moet jy pro iets anders wees.

Is Elma Smit en Adriaan Basson dan ondersteuners van pedofiele en allerlei ander afskuwelike perversies?

Kom ek verduidelik. As jy pro-Amerikaans is, sou jy uiteraard pro-kapitalisties en pro-demokraties wees want hulle gee voor om die voorvegters vir vryheid en geregtigheid te wees.

Jy sou jouself ook met die beleidsrigtings en sosiale standaarde van die gemiddelde Amerikaner vereenselwig, en fel anti-kommunisties wees wat ideale, politiek en ekonomie betref.

Die Potch-debakel laat ‘n mens dink wat anti-Nazi, anti-Hitler en pro-Nazi en pro-Hitler werklik beteken, en hier begin die hele ou kaartehuis ineentuimel. Want sien die eerste ding wat Hitler en sy party gedoen het nadat hul aan bewind gekom het was om Berlyn, of Babilon soos hy dit gestel het, te vernietig.

In die 1920’s was Berlyn bekend as die sekshoofstad van Europa. Berlyn was toe deur misdaadsindikate beheer gedurende Duitsland se ergste depressie, en mense het daagliks selfmoord gepleeg agv hul benarde finansiële omstandighede.

Duitse vroue, selfs seuns en meisies, het weens hul ekonomiese verknorsing hulself tot prostitusie gewend om te oorleef. Dis dan ook hier waar die eerste homseksuele film genaamd Anders as die ander deur ‘n ene Magnus Hirschfeld vervaardig is.

Hy was die dryfveer agter seksuele vryheidsbeginsels wat sadomasochisme, pedofilie en bestialiteit ingesluit het.

Hy het ook ‘n skool vir die bogenoemde afwykings geopen en was bekend as die Einstein van seks. Hy was ‘n voorstaander van aborsies wat hy met ywer aangemoedig het.

Pedofiele en perverte het na Berlyn van oraloor uit die buiteland gestroom want hulle kon daar vir ‘n nietige som geld koning kraai en alllerlei perversies uitleef.

Hitler se gewildheid het juis toegeneem weens sy beloftes om van hierdie plaag, wat hy as Babilon beskou het, ontslae te raak.

Daarom bly die optrede van dié Naspers-gespuis ‘n raaisel. Wil hulle dan graag die terugkeer van ‘n Hitler aanmoedig?

Rassisme? Hitler se weermag was die mees veelrassige weermag van sy tyd. Daar was Indiërs, Asiërs, Japannese, en swart soldate in die Duitse weermag. Daar is steeds hordes foto’s van hierdie vrywillige troepe beskikbaar.

Die tergendste vraag is dan hoekom hul almal bereid was om vir Hitler – die “aartsrassis” – te sterf? Daar was selfs Jode in Hitler se weermag waaronder generaals en veldmaarskalke.

Een van die stigterslede van die SS was ‘n Jood. Hitler se beleid was eenvoudig elke volk regeer oor homself en volke moet nie vermeng nie. Is dit nie ‘n basiese beginsel van die Bybel nie?

Seksisme? Vroulike gevegsvlieëniers is deur die Nazi’s opgelei, soos onder meer Hanna Reitsch. Hierdie ystervrou het menige manne in die skande gesteek met haar vliegkuns en sy is beskou as een van die bestes in die wêreld.

Verskeie van Reitsch se internasionale sweefrekords staan steeds. In die 1960’s het sy ‘n sweefskool in Ghana geopen, waar sy vir Kwame Nkrumah gewerk het.

Aan die jong mense van Potchefstroom wil ek dus net sê: Julle het niks verkeerd gedoen nie, en ek salueer julle!

Vir al die gepuis wat hulle oordeel, nou ja, kies dan maar self: Om pro-Hitler te wees impliseer seker anti-pedofilie, anti-prostitisie, anti-aborsie, anti-bestualiteit, anti-pervers, anti-rassisties en les bes, anti-seksisties.

25 thoughts on “Potch-heksejag: Wat wil jy wees?”

  1. STAANDE APPLOUS GERHARD !

    Ek stem 100% saam op elke punt, tog, hierdie een staan uit :-

    “Hitler se beleid was eenvoudig elke volk regeer oor homself en volke moet nie vermeng nie. Is dit nie ‘n basiese beginsel van die Bybel nie?”

    Dit verwoord PRESIES wat ek (ons) graag wil hê, ons toekomsdroom – net om oor onsself te regeer, SONDER ‘n verbastering met enige ander ras, volk of nasie wat in ons keelgate afgewurg word.

    NS: Gerhard, ek salueer JOU EN ONS PUK-STUDENTE !

        1. Outoppie dit weet ek nou nie – wat ek wel weet is dat Theuns Eloff as Kodessa knoeier – wat my betref – geen verlies vir die universiteit is nie. Dit was onder sy leiding wat ons Christelike inslag “Potchefstroomse Universiteit vir Christelike hoër onderwys” in die stof gebyt het deur “nie aanstoot te gee aan die Moslem geloof nie”, en die naam verander is na “Noordwes universiteit”. Die kanse is dus goed dat hy ook hierdie sinkendeskip gaan verlaat. Terwyl ek en jy hier ons dood moet afwag.

          1. Theuns kan ook seker nou huldeblyke verwag van die kader soos Kongo se president soos broeder Bokkie Pik vir ‘n job well done.
            Het Pik nie diamantkonsessies in die Kongo nie?

          2. So, hy gaan nou amptelik vir De Beers werk? Maar na wat met die boere in die Kongo gebeur het, Tiensie, hoort jy ‘n verplasing na enige staat in Midde-Afrika te weier, hoe belangrik jy ook al vir Soros en jou ander Joode meesters se belange ag. Daar is natuurlik nog Dakar… Mooi herinneringe, ne. Of hoe?

          3. Gassie jy is spookasem – net nie soet nie maar bitter- koppie raas bietjie hmm?

          4. Jan, jy self sit hoeka te hoog in die boontjierank om mense met koppe wat raas of nie raas nie te diagnoseer. (Ek hoef darem seker nie by te voeg ek bedoel dit in ligte luim nie.)
            Ek speel maar profeet. By nabaat. Span maar die kennis wat ek van Eloff se geskiedenis het in, Riempies. Bedoel niks sleg nie. En, wie wet, dalk is Eloff op pad Dakar toe…

          5. Dakar toe om te wat? Die vorige keer was beslis nie tot ons Afrikaners se voordeel nie.

          6. Jy gaan my verbeelding te ver dryf as ek daardie vraag moet beantwoord! En vir Jan hoër die tenger boontjierank op!

          7. Riempies ek dink Gas bedoel dat Theuns miskien werk by De Beers gaan kry iewerster in Afrika.
            Ek weet nie daarvan nie.
            Ek het gedog Gas verwys na my op ‘n manier.
            So jammer as ek lelik met jou was Gas – vra ek om verskoning asb.

          8. Outoppie as hy minstens net n poging aangewend het om die universiteit se integriteit te verdedig kan mens
            nog dalk meer redelik daaroor gedink het. Hy het sy God verloën punt. Dit is die kort en die lank van die verhaal.

            Wat Pik betref – gerugte is nie bewyse nie – maar erens vandaan moes sy skatte gekom het – en dat hierdie
            Pik Botha baie intellegent is – weliswaar aan die verraderlike kant van sy menswees kan daar min twyfel wees inaggenome sy bloedbroederskap met Kissenger
            wat instrumenteel was in ons ondergang deur verraderlike ondergrawing. Wie was die opdraggewer van Roelf Meyer om ons weermag aan terroriste te oorhandig in n donker hotelkamertjie nog voor ons soos misleide idiote gestem het Ja of Nee?

          9. Net ‘n OU-grappie …

            PU vir CHO … Potch Universiteit vir Chips, Hamburgers en Ontug

  2. Ek wil ook aan die jong mense van Potchefstroom sê dat jou beginsels ononderhandelbaar is. Staan onwrikbaar vas in wat jy glo en dat niemand jou na ander insigte dwing as die opvoeding wat jy by jou ouers gekry het. Vergeet van die liberaliste want dit is al oorbekend wat hulle voorstaan.
    Glo in jouself.

  3. Ons Dogter het twee grade onlangs daar verwerf (twee jaar terug klaargemaak.)

    ‘n Ongelooflike Universiteit! – toe… Sy het haar afgryse en skok uitgespreek oor hierdie “herrie” oor niks!

    Die SWARTES wil ALLES verswelg en oorneem – ‘n feit!

    Die blaam dat dit nou so vêr gaan moet 100% voor RUGGRAATLOSE Universiteitsbestuur geplaas word wat soos slakke op sout rond seil… Julle lafaards!

  4. Die Duitsers staan verstom oor hoe dit moontlk was dat Hitler so vinnig sulke gruwelike Duitse skurke rondom hom kon vergader. Goebels was ook ‘n trassie. Hitler self ‘n pervert. Vanuit die maatskaplike verval van die 1ste WO en die Bolshivistiese revolusie het dit vir Hitler slegs 10 jaar geneem om sy hele Ryk op te bou en te vernietig. Verstommend.

    Maatskaplike morele geestelike kragte en markkragte genereer inderdaad oneindig groter energie as kernkrag en dat hierdie artikel ons daarop wys dat maatskaplike MELTDOWN inderdaad voor ons deur lê om te gebeur in toestande wat presies ooreenstem onder die huidige Afrikaners as onder die Duitsers na die WO1.

    Die tafel is gedek en die maatskaplike kernreaktor is besig om te oorverhit en die maatskaplike meesterbouers is besig om soos rotte te vlug……

    Toestande erger as met die ABO van die Moffia Vrymesselaars speel voor ons oge af….

    Want

    Enige Poepol met ‘n groot bek en delusies van grandeur sal nou as die Boere messias aangesien kan word want die goeie ouens soos bv Ds Solly se soort en akademisie word vervolg en in die tronke gegooi. Net soos Hitler ook sy eie geestelike leiers en akademisie en politieke opponente heel eerste doodgeskiet het in die konsentrasiekampe. Ek het hierdie statistiek persoonlik gesien met ons besoek aan Auswitch waarvan die die slagspreuk op die ingang lui: ‘Arbeit macht Frei” [askies vir my spelling!!]

    Hierdie konsep slagspreuk is vir my die geestelike sielkundige wapengraad plutonium want dis totaal vals.

    Die waarheid is dat Christus die enigste bron van vryheid was en is en sal wees vir die ganse mensdom…….

    1. Waar woorde Jan. Hitler en sy trawante is en was altyd varke – (onthou varke doen ook soms goeie goed – spek enige iemand?)

      Om jou egter met die varke te meng beteken jy SAL ook as ‘n vark aangesien word. Juis daarom is dit dom en onnosel om ENIGSINS jou saak op watter manier ookal met Nazis en hulle doen en late, gebare en tekens te assosieer. Onthou die waarheid en werklikheid MAAK NIE SAAK NIE. Al wat tel is persepsie. Persepsie is bestuurbaar en mens moet dit juis tot jou voordeel gebruik – dus moet jy jouself distansieer van die “varke”.

    2. “Goeie ouens soos Dr Solly”.

      Sjoe, ons is in veel dieper moeilikheid as wat ek gedink het. Wanneer ‘n dweper klip Christen pedofiel wat lief is om weerlose weeskinders in sy “sorg” te verkrag, ‘n “goeie ou” genoem word, het ons werklik die laagste denkbare punt bereik.

      Geen wonder God roei ongenaakbaar ons nasie uit op ons plase, dorpe en in ons huise nie. Miskien is dit die smeltkroes wat Siener van gepraat het. Doet zo voort Jan, maar onthou, jou ewigheid in die hel kom daagliks nader.

      1. Sê nou maar net Jan was ook een of ander tyd in die weeshuis? Wat ‘n verskriklike gedagte.
        Ieder geval, terwyl ons nou hier by Hitler en die nazi’s is, Josef Mengele was ‘n pedodiel. Die CIA het Mengele na WO2 gebring na Amerika om die CIA se gemoedsbeheerprogram bekend as Project Monarch te verfyn. Google maar Fritz Sprigmeier op die internet vir die storie oor waarom letterlik duisende weeskinders in Amerika verdwyn en van afgeleë CIA-fasiliteite waar mense soos Cahy O’Brien (CIA Project Monarch-slaaf – probeer haar Tranceformation of America in die hande kry), in die greep van hierdie duiwels beland.

Maak 'n opvolg-bydrae