Graag wens ek my intense misnoeë met ons regering se onlangse oopgooi van ons landsgrense, spesifiek aan Zimbabwe, uit te spreek. Dit is ‘n blatante daad van verraad teenoor elke burger van ons land deur ‘n roekelose en onbekwame regering. Roekeloos in die sin dat dit swak deurdink is met min, indien enige, oorweging ten opsigte van die langtermyneffek op ons noodsaaklike natuurlike hulpbronne soos water en voedsel. Onbekwaam as mens in ag neem dat hierdie oorgawe aan ‘n wesenlike probleem na die beste plan lyk waarmee hulle vorendag kan kom. Pateties vanaf mense wat daargestel is deur die kiesers teen bogemiddelde salarispakkette waarvan verwag word om bogemiddeld te dink en prakties uit te voer. Hierdie “plan” laat veel te wense oor en getuig van 'n gebrek aan verbeelding.
Zimbabwe – ons tiende provinsie

Dis al lank dat ek hardop dink oor SA se siektes en gebreke, lank dat ek probeer om dit te identifiseer, te formuleer en dan my gevolgtrekkings in logiese formaat te rangskik. My slotsom ruk tot in my binneste: Suid-Afrika sál tot niet gaan.